JY SIT LANGS ’N BABBELKOUS
Dis natuurlik om te gesels voordat julle opstyg, maar sodra jy kans kry, haal jou boek, tablet of oorfone uit as jy in stilte wil vlieg. As hy/sy aanhou klets, sê ferm dog beleef: “Dankie vir die gesels. Ek gaan ’n bietjie lees/musiek luister. Geniet die vlug!”
MAG JY AGTEROOR LÊ?
Dis immers jou reg, maar wees beleef. Laat sak jou stoel stadig. Jy kan vra of die persoon agter jou omgee, maar die kans is goed dat hulle “ja” sal sê. Indien wel, laat sak jou stoel net halfpad.
DAAR’S ’N LEË SITPLEK TUSSEN JULLE …
Julle behoort dit te deel. As die ander passasier dit gedeps het, sê vriendelik: “Verskoon my, maar ek wil ook ’n paar goed hierop sit. Dankie!” Dis neutraal sonder om toestemming te vra.