×
Skakel na Engels

Kry die beste basislaag vir jou veltipe

Skep die volmaakte fondasie
basislaag

As jy nog nooit ’n basislaag oorweeg het nie, gaan dit vandag verander. Dié syagtige produk word aangewend nadat jy jou gesig gereinig het en voordat jy jou onderlaag aansit. Maar wat maak dit so besonders? Dit vul fyn lyntjies en porieë en verbloem onegaligheid voordat jy met jou grimering begin.

Die gevolg is dat jou onderlaag makliker aanwend en jou vel ’n egalige voorkoms het. Basislae bevat ook heilsame bestanddele en voorkom dat grimering vinnig afkom. Maar basislae verskil, en sommiges is meer geskik vir sekere veltipes. Hier is ons topkeuses vir elke veltipe sodat jy met ’n vlekkelose gelaat kan spog.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

’n Olierige vel

’n Olierige vel is nie net geneig om te blink nie, maar kan daartoe lei dat jou onderlaag begin “smelt”. Voorkom dit deur ’n basislaag te gebruik wat olierigheid beveg en jou grimering sal laat hou – selfs op die warmste somerdag. 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Droë vel

Behalwe dat hierdie basislaag-en-bevogtiger-in-een jou vel syglad maak, bevat dit ook hialuroonsuur wat jou vel deur die loop van die dag gehidreer hou, wat ideaal vir mense met ’n droë, vlokkerige vel is. 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Vel wat tot puisies geneig is

Een van die grootste klagtes wat mense met ’n probleemvel het, is baie rooiheid in die gesig. In plaas daarvan om groot hoeveelhede verbloemer aan te plak, behoort jy ’n basislaag met kleurkorrigeerders te kies sodat jy die res van jou jou grimeerroetine met ’n vlekkelose vel kan aanpak. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lees: Die 10 algemeenste onderlaagfoute wat vroue maak – en hoe om dit te vermy

’n Sensitiewe vel

Sommige basislae kan skerp en uitdrogend wees, veral as jy ’n sensitiewe vel het. Dié juweel van Kiehl’s is propvol sagte, natuurlike bestanddele wat jou gesig perfek en gesond sal laat lyk, selfs nadat jy jou grimering verwyder het. 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Ouer vel

’n Meer volwasse vel benodig nie net meer vog nie, maar ook goeie beskerming teen omgewing- en UV-skade. Hierdie sonskerm-basislaag-kombinasie bevat ’n hoë SBF wat jou vel deur die loop van die dag sal beskerm. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FOTO: iStock/monkeybusinessimages

LEES OOK:

6 wenke om te keer dat jou grimering jou ouer laat lyk

7 skoonheidskopies wat jou tyd én moeite sal spaar

Produkte vir ’n mooi vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief