×
Skakel na Engels

Vleislose maaltydplan vir die week plus ’n eierlose nagereg

Al hoe meer mense probeer minder vleis eet. Probeer hierdie resepte en eet elke maand ’n week lank “skoon”

Maandag

Slaai met knolseldery, lensies en bloukaas:

Celerisc Lentil Blue Cheese Salad

Hier is een van die beter maniere om knolseldery – ’n groente propvol vitamiene en minerale wat goeie gesondheid aanhelp – te maak. Die kombinasie met bloukaas, lensies, heuning en okkerneute is regtig smaaklik. Die slaaisous is die perfekte mengsel van soet en suur en is ideaal vir enige slaai, Kry die resep hier.

Dinsdag

Vegetariese pan-lasagne: 

Veggie Frying-Pan Lasagne

Die winter is die beste tyd vir trooskos. Met hierdie gereg kan jy heerlik smul sonder om oorboord te gaan, want dis vleisloos, maar met smaaklike groente en kaas. Kry die resep hier.

Woensdag

Favela-frejola-slaai:

Favela Frejola Salad

Vir ’n ligter dog steeds vullende ete, probeer hierdie favela-frejola-slaai. Dis nie nodig om die slaaisous met ’n lemmetjiebasis daarby te eet nie, want dit voeg ekstra kilojoules by, maar die soetsuur smaak is heerlik. Kry die resep hier.

Donderdag

Swartbonesop: 

Black Bean Soup

Swartbone is een van die beste bronne van proteïen en vesel en is boonop propvol vitamiene en minerale. Hierdie bone is so smaaklik, veral wanneer jy dit met die bestanddele in hierdie resep kombineer. Kry die resep hier.

Vrydag

Tamatie-en-eiervrug-tartines:

Tomato Brinjal Tartines

Dis nou maar wors: Dis altyd ’n goeie tyd om te braai, ongeag die weer. Hou vol met jou vleislose week met hierdie tamatie-en-eiervrug-tartines. Wie het gesê vegetariërs kan nie ’n braai geniet nie? Almal sal wil proe, glo ons maar. Kry die resep hier.

Saterdag

Pizza primavera:

Pizza Primavera

Omarm jou innerlike Italianer en hou ’n pizza-aand saam met jou geliefdes. Tuisgemaakte pizzas is altyd beter as wegneempizzas, veral hierdie maklike, vinnige pizza-primavera-resep. Voeg ander bestanddele by vir ’n verskeidenheid pizzas. Kry die resep hier.

Sondag

Benny se geroosterde groente: 

Benny's Roasted Veggies

Sondae vra vir ’n roostergereg, en hier is ’n vegetariese weergawe: Benny se geroosterde groente! Voeg ’n groenslaai en vars brood by, en miskien hoemoes en mango-atjar vir ’n heilsame vegetariese maaltyd. Kry die resep hier.

Eierlose nagereg

Charly’s Bakery se dekadente eierlose sjokoladekoek: 

Egg-free chocolate cake

Hierdie nagereg is ’n dekadente koek sonder ’n enkele eier in die resep! Gebruik glutenvrye meel as enige van jou gaste gluten-intolerant is. Gebruik kakao-splinters en gekapte neute, kersies of klapper as versiering. Kry die resep hier.

LEES OOK:

Gesinsvriendelike resepte vir die week

Vegetariese geregte vir die hele week!

Kyk hier: 3 maniere om ’n eier in gebak te vervang

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Heerlike resepte vir die week se aandetes

Aandete is klaar beplan vir die week, en ons het vir jou ’n nagereg en ’n bakresep vir Sondag ingesluit....

Close