×
Skakel na Engels

Vinnige wenk om ’n ring af te kry wat vassit

So ’n vinnige, maklike manier om ’n hardnekkige ring veilig af te haal! Al wat jy nodig het, is ’n stukkie tou of vlos

 

Sit jou ring vas?

Het jy al ooit gesukkel om jou ringe af te kry die oggend nadat jy een glas wyn te veel gedrink het? Of voel dit vir jou ook of jou vingers in die somer dikker is as in die winter?

Verskeie dinge – soos die weer en ons dieet – kan jou vingers laat swel en veroorsaak dat jou ringe vassit, en dan moet jy dit van pofferige litte probeer afkry. (Of miskien het jy heimlik ’n vriendin se ring aangepas vir, jy weet, e-e-n dag, en nou sit dit vas!)

Kry dit af

Die kans is goed jy het al gehoor van hoe ’n mens die ring met smering (soos seep of olie) kan afhaal, of om jou hand vir sowat vyf tot 10 minute bo jou kop te hou met ys rondom die ring en die vinger, maar albei hierdie oplossings kan ’n bietjie ongemaklik en/of pynlik wees. Dit is hoekom ons so dol is oor hierdie maklike, pynlose truuk met garing of vlos.

Glip een punt van die vlos/garing onderdeur die ring wat vassit.

  1. Begin by die bokant van die ring en draai die garing/vlos stewig rondom die vinger. Pers dit saam soos jy vorder, al die pad oor die kneukel.
  2. Neem die punt van die garing/vlos wat onder die ring was en begin dit losdraai. Die ring sal oor jou kneukel gly soos jy dit doen.

En voilà!

As jy steeds nie 100% seker is hoe om dit te doen nie, kyk hierdie vinnige video vir ’n meer visuele verduideliking.

As niks wil help nie, gaan na ’n juwelierswinkel of ’n ongevalle-afdeling om die ring met ’n ringsnyer te laat verwyder.

Bron: American Society for Surgery of the Hand

LEES OOK

Drie stappe tot skitterskoon juweliersware
Hoe om jou eie wasmiddel vir juweliersware te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dié vrou se Finding Dory-grimeertransformasie is ongelooflik indrukwekkend

Jy gaan beslis twee keer moet kyk.

Close