×
Skakel na Engels

Vierpoot-Vrydag

 

 

Tears (The Emma Animal Rescue Society  bied ’n reeks Saved by the Dogs-geleenthede aan wat deur die Human Walking Program van die Australiese diereskuiling The Lost Dogs’ Home geïnspireer is.

 

Personeel van groot maatskappye – en enige iemand anders – word genooi om oor hul etenstye uit die kantoor te kom en gehaltetyd saam met ’n paar van die Tears-optelhonde deur te bring.

 

Kom kry ’n bietjie onvoorwaardelike diereliefde en voel sommer weer vrolik. Miskien kry jy selfs ’n vierpoorvriend wat jy saam met jou kan huis toe neem!

 

Die diens is gratis, maar Tears sal graag skenkings aanvaar. Bring dus komberse, hondekos, speelgoed en dies meer saam. (Kontantbydraes is ook welkom.) Tears-armbande en -snuisterye sal te koop wees as jy hulle op daardie manier wil ondersteun.

 

Tears is ’n pro-lewe-, niewinsgewende organisasie waarvan die belangrikste doelwitte is om verlore, verwerpte, mishandelde en verwaarloosde diere te red, rehabiliteer, herenig en nuwe huise vir hulle te soek. Hulle wil ook gemeenskappe – veral kinders – oor dieresorg inlig.

 

WANNEER: 11:00 tot 14:00, Vrydag 26 September 2014

WAAR: Die Kompanjiestuin, Kaapstad

KOSTE:           Gratis

INLIGTING: savedbythedogs@gmail.com

BESPREEK: Daag net op!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wasdag vir jou woef

Maak Flaffie se badtyd maklik met vier eenvoudige stappe

Close