×
Skakel na Engels

Vier Nasionale Melktertdag met hierdie waterlandlekker resepte

Nasionale Melktertdag is op 27 Februarie. Dis tyd om te bak!

Melktert is so ’n klassiek Suid-Afrikaanse nagereg dat dié lekkerny selfs sy eie dag op die kalender het – 27 Februarie staan bekend as Nasionale Melktertdag.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Mari-Louis Guy, medeskrywer van Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling (R245, Takealot), sê: “Wat Suid-Afrikaanse melkterte so uniek maak, is die bakstyl van die kors teen 200 grade. Die geheim lê daarin dat die tydsberekening nét reg is. Melktert is oor die algemeen ’n unieke tert en kan op enige tyd en plek geniet word – van begrafnisse tot troues.”

Kliek hier om meer oor hierdie fantastiese boek vir melktert-liefhebbers uit te vind. Dit is ook beskikbaar in Engels: The South African Milk Tart Collection.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Guy en haar broer, Callie Maritz, wat die medeskrywer van hulle melktert-geïnspireerde resepteboek is, sê daar is inderdaad ’n melktert vir elke smaak en geleentheid – “of dit nou een met ’n tuisgemaakte skilferkors, ’n meer krummelrige broskors, koekiekrummels of sonder ’n kors is. Dit kan met kaneel, nartjieskil, perskeblare, neutmuskaat, vanieljepeule gegeur word. Of probeer amandelekstrak, karamal, sitrusskil of kardemom. Vir ’n bietjie skop kan jy selfs ʼn skeutjie rum of brandewyn byvoeg! Deur die jare het melktert ’n verskeidenheid vorms aangeneem – vandag kan jy dit as ’n tert (gebak of ongebak), ’n nagereg, ’n smoothie, ’n ‘shooter’, ’n melkskommel of ’n vulsel vir ander lekkernye soos oliebolle en pannekoeke geniet.”

Maar genoeg gepraat; kom ons bak – en eet! Probeer een van ons heerlike melktertresepte: 

Tradisionele melktert

Korslose melktert

Sjokolade-amarula-melktert

Klappermelktert (Dié een is Banting-vriendelik!)

LEES OOK:

Die beste gekoopte melktert in SA is … 

11 briljante bakwenke

10 eenvoudige wenke om elke keer die BESTE brownies te bak!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vier Erfenisdag saam met jou geliefdes

Gelukkige Erfenisdag!

Close