×
Skakel na Engels

Vier gebruike vir flesse

Hou glasflesse en hergebruik hulle in kreatiewe maniere soos dié:

peggsjar

Klein maar getrein

As julle gaan piekniek hou, pak die nagereg in klein flessies óf sit dit só voor as jy by die huis onthaal.

 

Laat daar lig wees

Verf ‘n paar van die flesse en boor gaatjies in al die deksels. Nou kan jy mooi hangligte maak. Laat iemand jou met die bedrading en installasie help.

 

Pragtige plantjies

Gebruik gerus ou flesse as houers vir klein plantjies, soos vetplante of kruie. Of gebruik dit as ‘n blompot vir vars blomme uit jou tuin.

 

Kreatiewe kerse

Vul die flesse met water, voeg ‘n paar glasklippies by en plaas ‘n drywende kersie in elke fles. Dié flesse maak pragtige (en goedkoop!) tafelversierings!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ken jou glase

Skink die regte wyn in die regte glas

Close