×
Skakel na Engels

Vier fop-dieetkosse

Die voedingskenner Lisa Lillien waarsku jou oor vier kosse wat lyk of dit laag aan kilojoules is, maar dit is nie

 

 

1. Klappermelk (vs. klapperwater)

Dik, wit klappermelk (wat in kerries en piña coladas gebruik word) is voedingsnagmerrie met 50 g vet per koppie. Moet dit nie verwar met onversoete klapperwater – die helder vloeistof wat in ’n kokosneut voorkom – nie.

 

 

2. Gewone droëvrugte (vs. gevriesdroogde vrugte)

Droëvrugte soos rosyne krimp tot ’n klein persentasie van hul oorspronklike grootte, wat beteken die suiker- en-kilojoule-inhoud daarvan word gekondenseer. ’n Kwartkoppie gewone droëvrugte bevat sowat 418 kJ in vergelyking met net 104 kJ vir gevriesdroogde vrugte.

 

 

3. Gegeurde kitskoffie (vs. gegeurde koffiebone)

Dié mengsels wat jy in kookwater oplos, is dikwels met suiker versoet en kan tot 418 kJ per porsie bevat. Die goeie nuus: Gegeurde koffiebone of gemaalde koffie (wat jy moet laat trek) bevat so te sê geen kilojoules nie.

 

 

4. Balsamiese vinaigrette (vs. balsamiese asyn)

Sommige vooraf verpakte vinaigrettes is nie laer aan kilojoules as romerige slaaisouse nie! Gebruik liewer gewone balsamiese asyn.

 

 

*Dié artikel het oorspronklik in Redbook verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 gesonde gewoontes wat jy maar mag verbreek

Jy probeer by jou dokter of dieetkundige se voorskrifte hou, maar dis makliker gesê as gedaan. Deur dié kortpaaie te...

Close