×

Vier die liefde hierdie feestyd saam met Trollbeads

Trollbeads se nuwe Winter Wonder-reeks het die perfekte elemente om die vonkel in jou feestyd te sit
trollbeads

Soos die vakansie naderkom, droom ons van warm somerdae, familiepret en, natuurlik, Kersvrolikheid. Trollbeads se Winter Wonder-reeks gee jou die geleentheid om jou persoonlike stories uit te leef, te vertel en met jou geliefdes te deel.

Die Winter Wonder-reeks het twee treffende beperkte-oplaag-glaskraalstelle. Elke kraal is uniek, en dis net vir ’n beperkte tyd beskikbaar. Voeg hierdie Kersfees nuwe glaskrale in rooi, groen, goud en alles wat glimmer by jou versameling.

 

untitled2

 

Trollbeads is die oorspronklike handelsmerk vir krale-armbande met honderde pragtige krale waaruit jy kan kies. Elke armband word dus heeltemal persoonlik. Skep ’n elegante voorkoms met die nuwe, verruklike Neck Bangle. Voeg eenvoudig jou gunsteling-krale en spasieerders by vir ’n nuwe, doelgemaakte voorkoms elke dag.

 

untitled3

 

Trollbeads-juweliersware word van grondstowwe van die hoogste gehalte gemaak, waaronder 18 karaat goud, sterlingsilwer, Italiaanse glas, varswaterpêrels, amber en edelstene, en word met ’n mengsel van tradisionele en moderne tegnieke gemaak. Ontwerp is wat Trollbeads dryf, en die ontwerpers wat die reeks skep, gebruik materiale van die hoogste gehalte. Dis die perfekte geskenk vir jou geliefdes – of hoekom bederf jy jouself nie hierdie Kersfees nie?

Die Winter Wonder-reeks kan met bestaande en nuwe juweliersware gemeng en gepas word, net soos jy wil. Die reeks is sedert 4 November 2016 in winkels en aanlyn beskikbaar.

Besoek www.trollbeads.com/en-za om nou te koop.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kerspromosies van Le Creuset wat jy nie moet misloop nie!

Kry fantastiese afslag wanneer jy die volmaakte geskenk uit Le Creuset se reeks kookgerei kies

Close