×
Skakel na Engels

VIDEO: ’n Ma-gans vra ’n polisiebeampte om haar vasgekeerde baba te help bevry

Een van die polisiebeamptes wat op die voorval gereageer het, het gesê dit was die hoogtepunt van haar 24 jaar in die polisiediens.

’n Ma se liefde ken geen grense nie – vra net vir sersant James Givens van die Cincinnati-polisie wat onlangs ’n hartroerende ondervinding met ’n ma-gans gehad het.

Sersant Givens was in Mei aan diens toe ’n gans tot by sy patrolliemotor gestap en sy aandag probeer trek het. Die veteraanpolisieman het haar probeer voer, maar die voël het nie in kos belanggestel nie. Uiteindelik het Givens besef dat die gans sy hulp nodig het. Hy het aan The Dodo verduidelik wat volgende gebeur het:

“Die gans het my sowat 100 jaart weg na die grasgebied naby ’n rivierloop gelei. Dis toe ek gesien het dat een van haar babas in tou van ’n ballon vasgevang is. Sy voetjies het geskop. Sy het my reguit na hom toe gelei.”

Omdat hy versigtig was dat die ma gewelddadig kon raak as jy aan haar baba sou raak, het die polisiebeampte vir hulp gevra: sy kollega, Cecilia Charron. Nadat die twee beamptes vasgestel het die plaaslike dierebeskermingsvereniging is nie onmiddellik beskikbaar om te help nie, het Charron besluit om die gansie stadig uit die tou te ontknoop terwyl die ma-gans geduldig gewag het.

Intussen het sersant Givens ’n video van die spesiale oomblik en die gelukkige einde geneem. Die babagans is uiteindelik bevry en het saam met sy ma weggeswem.

Albei die beamptes is deur die unieke ervaring ontroer. “Dit klink soos iets wat opgemaak is. Dit was net ongelooflik … Ek weet eerlikwaar nie hoekom ek besluit het om haar te volg nie, maar ek het. Dit laat my wonder – weet hulle om hulle tot mense te wend wanneer hulle hulp nodig het?” het sersant Givens aan The Dodo gesê. Charron, wat al vir meer as 24 jaar ’n polisiebeampte is, het die gebeurtenis die hoogtepunt van haar loopbaan genoem.

Van: Country Living

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 goed wat jy heel moontlik nie oor die Olimpiese Spele geweet het nie

Perde is gebruik vir verspring. Regte perde.

Close