×
Skakel na Engels

VIDEO: Kyk na hierdie vrou se 90 kg-gewigsverliestransformasie

Om te sê sy is ’n inspirasie is om dit lig te stel. Deur Anna Lewis
wieght-loss

Simone Anderson het twee jaar gelede besluit sy is nie gelukkig met hoe sy lyk nie en het besluit om iets daaromtrent te doen. Dié Nieu-Seelander was vasbeslote om beter te eet en meer te oefen en het van 169 kg na 77 kg verslank. Fantasties, nè? Wel, nie almal het so gedink nie …

Sy het die nuus gehaal nadat sy voor- en ná-foto’s van haarself op Instagram geplaas het, en dit het baie kritiek ontlok. Baie mense het gesê haar transformasie is vervals om meer lagwekkende redes as wat ons kan opnoem. “Deur die hele proses het ek so eerlik oor die hele ervaring probeer wees en dit presies vertel soos dit gebeur het. Om vals genoem te word het dus seergemaak.”

Maar omdat sy haar nie aan haters steur nie, het Anderson verlede week weer plasings op die sosiale media gedoen, hierdie keer met ’n video wat haar volledige transformasie deur die twee jaar wys, waaronder foto’s van hoe sy nou lyk ná nege uur lange chirurgie om oortollige vel te laat verwyder. “Om oor my los vel te praat was net so moeilik. So hier gaan ons. Ek hoop dit help al die ‘ongelowiges’,” het sy geskryf.

Langs die video het Anderson geskryf: “Presies twee jaar gelede het ek ‘Simone’s Journey to Health’ begin, toe ek besluit het om my hele dieet, ingestelheid en leefstyl te verander.

“Wanneer ek terugkyk en onthou hoeveel trane en emosies dit tot gevolg gehad het voordat ek op ‘post’ gekliek het, is ek so trots op myself vir elke enkele stap waardeur ek gegaan het en dat ek die moed gehad het om my verhaal openbaar te maak. Daar was baie dae wat ek eenvoudig wou tou opgooi en na my ou leefstyl terugkeer, maar ek het nie.”

Vanaf: www.goodhousekeeping.com

 

LEES OOK: Fantastiese video oor gewigsverlies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom jy EINTLIK in die winter gewig aansit

Trooskos en minder fisieke aktiwiteit is nie die enigste faktore wat vir wintervet verantwoordelik is nie

Close