×

VICKI SLEET SE MOIR’S-BEKERKOEKE IN CRÈME CARAMEL-GEUR

As jy van bederfhappies met ’n crème caramel-geur hou, is hierdie drie MOIR’s-bekerkoeke vir jou!

Bestanddele:

  • 3 pakkies MOIR’S Mug Cake in crème caramel-geur
  • 150 ml melk

 

 

Om die koek te maak:

  1. Meet 50 ml melk in ’n 200 ml-beker af.
  2. Voeg die inhoud van die pakkie by die melk en meng goed.
  3. Mikrogolf op hoog vir:
  • 1 minuut en 30 sekondes (900 W)
  • 1 minuut en 40 sekondes (800 W).
  1. Haal uit die mikrogolf en laat vir 2 minute afkoel.
  2. Voeg ’n bolaag van jou keuse by en geniet.

 

Wenk

Gebruik ’n 250 ml-beker om plek vir bolae te laat.

Bolae

Njammie neute

Rond af met geklopte room en makadamianeute.

Mal oor malvalekkers

Voeg ’n hand vol minimalvalekkers by die beslag voordat jy dit mikrogolf.

Met ment

Bedruip met sjokoladesous en sprinkel gekapte pepermentsjokolade bo-oor.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief