Ek het ’n juweliersvriend gevra wat ’n mens tuis kan gebruik om jou juweliersware skoon te maak. Sy sê omdat diamante van nature vetterigheid aantrek, is ’n vetverwyderaar soos Sunlight-skottelgoedseep ’n goeie keuse. Laat week jou diamantjuweliersware vir ’n paar minute in seepwater en skrop dit dan liggies met ’n sagte tandeborsel, spoel dit af en laat dit droog word. Dowwe silwerjuweliersware kan met tandepasta wat koeksoda bevat, skoongemaak word. Spuit dit op die juwele en vryf dan liggies met ’n klam lap totdat dit weer begin blink. Spoel in warm water uit en laat droog word.