×
Skakel na Engels

Verwyder só self jou jelmanikuur

Spaar jouself ’n paar rand deur dit by die huis te doen
gelmanikuur

 

Baie van ons bestee heelwat tyd en geld om te verseker dat ons naels op hulle mooiste vertoon, en jelmanikure blyk die voorkeurbehandeling te wees. Alhoewel dit langer as jou eie pogings hou, het ons nog altyd geglo dat dit by die salon verwyder moet word, wat nóg meer tyd en geld beteken. Gelukkig hoef dit nie so gekompliseerd te wees nie, want daar is maniere waarop jy dit teen ʼn fraksie van die prys tuis kan verwyder sonder om jou naels te beskadig. Dís hoe. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Dít is die beste manikuurkleur om jou hande jonger te laat lyk

Wat jy nodig het:

  • Asetoon 
  • Foelie
  • 10 wattetjies
  • Naelvliesroom
  • Handeroom

Lees ook: Drie maniere om ’n manikuur langer te laat hou

Só doen jy dit:

  1. Week die wattetjies in asetoon totdat dit heeltemal deurdrenk is. 
  2. Knip of skeur die foelie in 10 klein vierkante, ongeveer 5 cm x 5 cm. Gebruik dit om elke vingerpunt met ’n deurweekte wattetjie toe te draai sodat dit netjies bo-oor jou naels pas. Wag vir ongeveer 15 minute – ontspan sommer ’n welkome paar minute voor die televisie, want jou hande gaan buite aksie wees!
  3. Ná 15 minute kan jy die foelie en wattetjies afhaal. Van die jel sou vanself afgekom het, maar dit kan ’n bietjie inspanning verg om die res te verwyder. Dop dit af deur ’n naelstokkie in te wikkel waar dit begin oplig het. Gaan maar sagkens te werk.
  4. As jou jelmanikuur heeltemal af is, behoort jy jou hande deeglik te was om van enige oorblywende asetoon ontslae te raak. Bevogtig jou hande dan met ’n voedende handeroom en jou naels met naelvliesolie. Asetoon is baie uitdrogend, dus is dit belangrik dat jy jou naels na dié beproewing bederf en vertroetel.

Wanneer jy weer by jou plaaslike salon instap, sal dit vir ’n vars nuwe kleur wees!

Foto: iStock/kobrin_photo

LEES OOK:

Wat dit van jou sê as jy jou naels byt, volgens die wetenskap

100 jaar van naelkuns wat jou volgende manikuur sal inspireer

Ja, ’n tuis-manikuur kan goed lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat verklap jou naels van jou gesondheid?

Laat jou vingers die praatwerk doen

Close