×
Skakel na Engels

Verwyder naellak sonder naellakverwyderaar

Oeps. Jou naelpolitoer skilfer af en jy het so pas ontdek dat die laaste bietjie naellakverwyderaar verdamp het – of jy het vergeet om nog te koop. Geen probleem nie. Gaan kombuis toe!

Dis okei; naelpolitoer skilfer wel af. Maar as jy werklik daardie naelpolitoer moet verwyder en jy het geen verwyderaar byderhand nie, kan jy dit probeer.

 

Jy benodig:

Witasyn

Suurlemoensap

Warm water

Meng gelyke dele witasyn en suurlemoensap in ’n klein bakkie en doop watte in die mengsel. Week intussen jou hande in die warm water om die naellak sag te maak. Druk die geweekte wattetjie vir 20 tot 30 sekondes teen elke nael en vee die naellak saggies af. Herhaal indien nodig.

 

En as jy geen watte byderhand het nie? Gebruik ’n tampon – dis immers dieselfde materiaal!

(Verwyder halstarrige stukkies naelpolitoer met alkohol.)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe lyk jou tuin?

10 tuinwenke van Garden Master vir Februarie

Close