×
Skakel na Engels

Vervang gereeld jou grimering

Is jy onseker oor hoe gereeld jy nuwe maskara of lipglans moet koop? Raadpleeg gerus ons handige gids met vervaldatums

Equipment of make up.

Ons is dikwels traag om ons ou grimeermiddels weg te gooi, maar ’n goeie skoonmaak is dalk net wat jou grimeertassie nodig het om ontslae te raak van produkte wat hul glans verloor het en bestanddele wat jou gesig irriteer. Grimeermiddels wat verval het, werk eenvoudig nie so goed as toe jy dit nuut gekoop het nie. Oliegebaseerde produkte kan skei, naelpolitoer vorm klonte en lipstiffies verloor hul glans.

Ons Skoonheidsredaktrise, Cathi Trevor, beveel aan dat jy gereeld jou grimeertassie se inhoud vervang, net vir veiligheid en om enigiets van ’n ligte irritasie tot ’n volbloed-infeksie soos ’n karkatjie te vermy. Bakterieë kan dalk in jou maskara se donker, klam buisie wegkruip en elke keer as jy jou vingers in jou gunsteling-roomblosser doop, dra jy kieme daarop oor.

Ons het ’n gids saamgestel vir wanneer om jou ou produkte te vervang

As jy vergeet het hoe lank jy iets al gebruik, luister na daardie stemmetjie in jou kop en as dit snaaks ruik of lyk, gooi dit in die drom!

PRODUK GOOI WEG NÁ …
Onderlaag 6/8 maande
Poeier/Blosser/Bronspoeier 18 maande /2 jaar
Verbloemer 1 jaar / 18 maande
Roomblosser 1 jaar / 18 maande
Lipstiffie/Balsem/Lipglans 18 maande /2 jaar
Lipomlyner 1 jaar
Oogskadu 2 jaar
Oogomlyner (Potlood) 2 jaar
Oogomlyner (Vloeibaar) 3 maande
Maskara 3 maande
Naelpolitoer 1 jaar
Grimeersponsies 1 maand
Sonskerm 1 jaar
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om blosser korrek aan te wend

Alhoewel dit heel eenvoudig lyk om blosser aan te wend, is dit belangrik om te weet hóé sodat jy dit...

Close