×
Skakel na Engels

Verstandig met sonskerm

Het jy vanoggend vergeet om jou sonskermmiddel aan te wend? Jy sal nie môre vergeet as jy eers dié video gekyk het nie

 

 

 

 

6 sonskerm- en velsorgfeite wat jy gerus kan deel

 

  • As jy net een keer in jou kinderjare blase in die son gebrand het, is jou kans meer as dubbel so groot om later in jou lewe melanoom te ontwikkel.
  • Die twee algemeenste nie-melanoom-velkankers, basaalselkarsinoom (BSK) en skubselkarsinoom (SSK), word direk met verlengde sonblootstelling verbind.
  • Die algemeenste plekke waar basaalselkarsinoom- en skubselkarsinoomgewasse voorkom, is op plekke soos die gesig, ore en hande wat die meeste aan son blootgestel word.
  • Gaan jy buitentoe? Wend minstens twee eetlepels sonskermmiddel aan jou hele lyf aan 30 minute voordat jy uitgaan. Wend dit elke twee uur weer aan.
  • Pasgebore babas moet heeltemal uit die son gehou word. Smeer ’n sonskermmiddel aan babas ouer as ses maande.
  • ’n Jaarlikse afspraak met ’n dermatoloog is nie net ’n opsie nie, dis ’n MOET!

 

Onthou, as jy die son kan sien, kan die son jou sien.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hulp vir ’n moeë wintervel

’n Wintervel verg baie vertroeteling. ’n Weeklikse lyfskropmiddel verwyder alle dooie selle en hou 
die vel supersag. Ons het vier...

Close