×
Skakel na Engels

Verslank vinnig

Wat ’n verbronser nie alles kan wegtoor nie!

Ja, verbronsers gee jou ’n vinnige sonbruin, maar nog ’n voordeel is dat dit jou gesig ook skraler laat vertoon. Kies altyd ’n matkleurige een wat een skakering donkerder is as jou velkleur – dit kan bolwange wegtoor en jou wangbene beklemtoon. As jy sukkel om ’n verbronser sonder glans te kry, gebruik ’n bietjie saamgeperste poeier. Suig jou wange in en gebruik ’n oogskaduborsel om die warm kleure in die holtes aan te wend terwyl jy al langs die kant van jou wangbene werk.

Goeie inskakering is belangrik vir natuurlike afronding; daar moenie enige sigbare strepe op jou gesig wees nie. Gebruik ’n groot, sagte borsel om jou kakebeenlyn skerper te maak. Wend die warm skakerings direk onder jou kakebeen aan; die ligte skaduwee laat daardie kakebeen kleiner vertoon.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief