×
Skakel na Engels

Versier Paaseiers

Om hardgekookte eiers vir Paasfees te versier is ’n blink idee wat die kinders besig sal hou. Volg ons stap-vir-stap-instruksies

 

Benodigdhede:

 

  • Hardgekookte eiers
  • Voedselkleursel
  • Asyn
  • Warm water
  • Leë eierboksies
  • Gaatjieslepel

 

 

Hoe om eiers te kleur:

 

Meng sowat 20 druppels voedselkleursel en 1 eetlepel asyn by ’n beker warm water. (Gebruik ’n aparte beker of glasfles vir elke ander kleur.)

Laat die eiers vir 5 – 10 minute in die kleursel lê.

Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit en laat dit in leë eierboksies droog word. 

 

 

Versier dit met kolle:

 

Plak ronde plakkers op die eiers voordat jy dit in die kleursel doop.

Trek die plakkers af wanneer die eiers goed droog is.

 

 

Versier dit met blinkers:

 

Gebruik ’n verfkwassie om die eiers met kunsgom te bedek. Rol dan die eiers in blinkers, wat jy in ’n ou bak of bord uitgegooi het. Laat die eiers tot twee uur eenkant om goed droog te word. As jy blinkers of krale een-een op die eiers wil vasplak, gebruik sommer ’n oorstokkie om die gom en versiering aan te wend.

 

 

Maak eiers wat soos marmer lyk:

 

Kyk die video.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Prettige Paas-eetgoed vir kinders

Gee jou kinders ’n Paasfees wat hulle nooit sal vergeet nie met dié wonderlike, prettige en – die belangrikste –...

Close