×
Skakel na Engels

Versier ’n koek soos ’n Charly’s Bakery-kenner

Jacqui Biess van Charly’s Bakery sê: “Bak is ’n wetenskap en koekversiering is die pret deel”. Stop dus jou versiersak en laat die kreatiwiteit vloei! Hier is 14 van Jacqui en haar dogter Alex se topwenke wat hulle tydens hul demonstrasie by ons Bobaas-bakkers-geleentheid in Kaapstad gedeel het

 

 

1. Koop die beste

Gebruik altyd bestanddele van die beste gehalte wat jy kan bekostig – jy sal soveel beter resultate kry!

 

2. Klop, suster!

Klop die botter goed voordat jy die versiersuiker byvoeg. Jou mengsel sal ligter en donsiger wees en makliker om mee te werk.

 

3. Sif vir sukses

Om te keer dat daar klonte in jou viersiersel is, sif altyd eers die versiersuiker voordat jy die ander bestanddele byvoeg.

 

4. Kry witter versiersel

Geel botter laat versiersel geel lyk. Klop die botter eers alleen totdat dit witter raak en voeg dan die versiersuiker by. Jy kan ook ’n druppeltjie pers voedselkleursel byvoeg om dit witter te laat lyk.

 

5. Stadig nou

Om botterversiersal sag te maak verhit dit in die mikrogolf – tien sekondes op ’n slag – op die ontdooiverstelling. As jy dit te vinnig verhit, sal dit in ’n botterige pappery verander.

 

6. Die helfte is meer as genoeg

Maak jou versiersak net half vol. Só kan jy dit beter vashou en die versiersak makliker buig en knak.

 

7. Mors minder

Seël die bokant van die versiersak met ’n rubberrekkie om te keer dat jy versiersuiker mors.

 

8. Tel dit op

Wanneer jy ’n kolwyntjie versier, hou dit in jou een hand vas en die versiersak in die ander hand. Só kan jy die kolwyntjie draai terwyl jy versier.

 

9. Jy sal dié tuit wil hê

’n “Gras”-versiertuit sal ’n veelsydige toevoeging tot jou baktoerusting wees. Hiermee kan jy versiersuiker maak wat soos hare (dis perfek vir Charly se bekende Cookie Monster-kolwyntjies) en gras lyk, wat ideaal is vir temakoeke vir sokkeraanhangers, gholfliefhebbers en tuinpartytjies. Dis by www.yuppiechef.com beskikbaar.

 

10. Jel is elke sent werd

Dis die moeite werd om ’n bietjie meer aan jelkleursel te bestee. Jy het net ’n druppel of twee op ’n keer nodig en een botteltjie kan tot ses maande hou. Onthou, jelkleursel is baie intens. Voeg net ’n titseltjie op ’n slag met die punt van ’n tandestokkie by. (Jacqui dink tandestokkies is die onbesonge helde in haar kombuis!)

 

11. Maak dit vooraf

As jy jelkleursel wil gebruik – wat ’n lieklife, intense kleur gee – maak die versiersel die vorige dag en los dit oornag sodat die kleur donkerder kan raak. Dit beteken egter dat jy die kleur ’n skakering of twee ligter moet aanmaak as wat jy op die ou end wil hê.

 

12. Kul met die versierings

As jy nie tyd of lus het om suikerversierings te maak nie, koop sommer klein plastiekartikels soos sokkerballetjies, skoenlappers, blomme, ensovoorts by jou plaaslike supermark of ’n Chinese winkel. Herinner net jou gaste daaraan dat dit nie eetbaar is nie!

 

13. Laat jou gebak skitter

Sprinkel ’n bietjie eetbare blinkers oor jou kolwyntjies, koekies of koeke – dit sal dit onmiddellik opvrolik.

 

14. Flop? Watse flop?

En onthou, flops smaak óók lekker!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bobaas-bakgereedskap

6 noodsaaklike stukke bakgereedskap wat jou gebak van vyfster in absoluut uitmunted sal verander

Close