×
Skakel na Engels

Versier koek soos ’n kenner

5 versieringswenke wat ons van bekende bakkers by ons Bobaas-bakker-geleentheid in Kaapstad geleer het

 

 

1. Klop dit eers

 

Klop botter goed voordat jy die versiersuiker byvoeg. Jou mengsel sal ligter en donsiger wees en makliker om mee te werk.

 

 

2. Sif vir sukses

 

Om te keer dat daar klonte in jou viersiersel is, sif altyd eers die versiersuiker voordat jy die ander bestanddele byvoeg.

 

 

3. Doen altyd eers ’n krummeltoets …

 

… en sit dan die koek vir ’n paar minute in die yskas. Dit sal help dat die krummellaag set, wat dit makliker maak om die koek te versier. Jou finale laag sal gladder en baie mooier wees sonder die krummels tussenin.

 

 

4. Vul die versiersak halfpad

 

Wanneer jy die sak druk, sal die versiersel nie aan die ander kant uitpeul nie.

 

 

5. Kry witter versiersel

 

Geel botter laat versiersel geel lyk. Wanneer jy die botter meer klop, sal dit witter wees. Jy kan ook ’n druppeltjie pers voedselkleursel byvoeg om dit witter te laat lyk.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Grillerige gebak?

Die fotograaf Christine McConnell se gebak is onkonvensioneel. Dink jy dis cool of gewoon grillerig?

Close