×
Skakel na Engels

Versekeringspolisse: Moenie uitgevang word nie

Verbruikers is berug daarvoor dat hulle nie kontrakte en polisse lees nie, maar wanneer dit by versekeringspolisdokumente kom, moet ons regtig seker maak ons lees én verstaan dit

“So baie van ons koop artikels en dienste, waaronder versekering, en onderteken dit sonder om die tyd te neem om regtig te verstaan wat ons koop,” sê John October, woordvoerder van Dial Direct Insurance.

Om ’n nare verrassing te voorkom wanneer jy ’n eis indien, is dit ’n goeie idee om jou polis te lees en herlees.

Kyk na die voertuigafdeling van jou polis en vra vrae soos:

  • Sluit die polis haelskade in?
  • Is die bestuur van jou voertuig tot ’n spesifieke bestuurder beperk?
  • Is dekking vir diefstal of kaping onderhewig aan die installasie van ’n immobiliseerder of volgtoestel?
  • Watter bybetaling geld in die geval van verlies of skade?
  • Is daar voorsiening vir motorhuur?

Kyk dan na die afdeling oor huishoudelike inhoud in jou polis en vra jouself af: 

  • Vir wat presies is ek gedek en wat is die uitsluitings? Is ek byvoorbeeld gedek vir verlies of skade wat deur ’n brand, weerlig, ’n ontploffing, kwaadwillige skade, vallende bome, vloede, die bars of oorstroming van geisers of toerusting, inbrake of diefstal veroorsaak word?
  • Wat is die waarde-toegevoegde voordele, soos mediese respons, ensovoorts?
  • Wat is die bepalings en voorwaardes wat betref veiligheidsmaatreëls wat in my huis getref is?

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief