×
Skakel na Engels

Verruil jou sjokolade vir hierdie Paasfees-lekkernye: watertand-bykomstighede

Soek dié Paasfees vir hierdie lekkernye in plaas van sjokolade-eiers!
Paasfees-lekkernye

Wat is die beste van feesgetye, vra jy? Sjokolade! Gewis. Oor Kersfees is daar ’n oorvloed van sjokolade, op Valentynsdag word die liefde met sjokolade gevier, en dan is daar Paasfees – ons gunsteling-sjokoladevakansie. Ongelukkig is daar meer aan sjokolade as suiwer heerlikheid; daar is kilojoules! Maar wees nie bevrees nie – Goeie Huishouding se modespan is hier om te help! 

via GIPHY

Wat is die beste ding naas sjokolade, vra jy? Als wat mooi is, natuurlik! In plaas daarvan om jou hierdie Paasfees aan sjokolade te vergryp kan jy jouself aan “skuldvrye” lekkernye oorgee. En met skuldvry bedoel ons kilojoule-vry. Gaan koop vir jouself ’n dekandente paar oorringe of mondwater-halssnoer. Nou goed, dit kan dalk ook tot skuldgevoelens lei, maar met hierdie winskopies mag jy jouself die vreugde veroorloof. En dis hoe dit hoort. Bederf jouself – ons almal is dit soms aan onsself verskuldig.

Geniet gerus van hierdie 8 vetvrye bykomstighede:

1. Halssnoer R159, Miladys 

’n Bonkige halssnoer is ’n móét vir enige klerekas en met sy suigstokkierooi kleur is dit moeilik om hierdie een te weerstaan.

2. Oorbelle R19,99, MRP

Hierdie aptytlike lekkernye is in werklikheid oorbelle! En teen wat ’n weggeeprys!

3. Handsak R350, Woolworths

Rooi is ’n sterk en dinamiese kleur, en met hierdie handsak sal jy definitief ’n stelling maak.

4. Serp R99, Queenspark by Zando

Die beste ding van ligte serpe is dat hulle heeljaar gedra kan word. Ons is mal oor hierdie veelsydige mode-item!

5. Hoed R199, Queenspark by Zando 

Dié hoed is ideaal vir ’n middagpiekniek of Paasontbyt saam met die familie. Die blomme sorg vir klassieke flair.

6. Donkerbril R140, Woolworths 

Hierdie ombré-sonbril is ’n noodsaaklike Paasfees-lekkerny. Die liggetinte lense en vleiende vorm maak hulle ideaal vir enige sonskyndag.  

Bederf jouself hierdie Paasfees met een of meer van hierdie bekostigbare soetgoed!

FOTO: iStock/karandaev

LEES OOK: 

Hoekom jy dol sal wees oor die nuutste skoenneiging

Denim: Die top-tendense vir herfs 2017

5 klerekeuses wat jou ouer laat lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vasvra: Hoeveel weet jy van Paasfees?

Ons was nogal verbaas oor sommige van hierdie Paasfees-feite. Hoeveel van hulle het jy geken?

Close