×
Skakel na Engels

Verpes jy die gim? Dis dalk jou persoonlikheid se skuld!

So dís hoekom jy draaie om jou plaaslike gim loop
gim

Die meeste van ons ken die gevoel: jy sleep jouself nou al weke lank gim toe in die hoop dat dit makliker sal raak. Maar jy kom eenvoudig nie oor die “haat”-gedeelte van jou liefde-haat-verhouding met oefening nie. Dalk is dit tyd om die handdoek in te gooi – wat die gim betref, nie oefening self nie. Volgens onlangse navorsing deur die British Psychological Society hou die doeltreffendheid van iemand se oefenroetine moontlik direk verband met sy of haar persoonlikheidstipe, wat beteken dat jy dalk net nie die gimtipe is nie.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

John Hackston, sielkundige en hoof van Thought Leadership by die Britse sielkundegroep OPP, verduidelik: “Ons wou graag maniere ondersoek waarop organisasies hulle personeel se ontwikkeling deur middel van oefening kon bevorder, en het gevind dat wanneer ’n individu se persoonlikheidstipe by ’n spesifieke soort oefening pas, dit die doeltreffendheid daarvan verhoog én maak dat die persoon meer genot daaruit put.”

Hulle het ’n opname onder meer as 800 mense uit verskeie beroepe en lande gedoen, en hier is ’n paar van die interessante bevindinge:

1. Ekstroverte geniet dit oor die algemeen meer om in ’n gim te oefen.

2. Kreatiewe individue vind meer aanklank by aktiwiteite in die buitelug.

3. Mense wat objektiewe logika verkies, sal ’n streng oefenplan meer geniet as diegene vir wie waardes en gevoelens belangriker is.

Daar het jy dit – as dit ’n stryd is om jouself by die gim te kry, is dit moontlik omdat jy die verkeerde soort oefening vir jou persoonlikheid doen. “Die heel belangrikste advies wat uit hierdie navorsing na vore gekom het, was dat daar nie net een soort oefening is wat vir almal werk nie. Jy ervaar dalk druk om die nuutste oefentendens saam met die res van die wêreld in die gim te gaan beproef, maar dis baie meer doeltreffend om ’n oefenplan te kies wat by jou persoonlikheidtipe pas en waarmee jy op die lange duur sal kan volhou,” sluit Hackson af.

Bron: The British Psychological Society

FOTO: iStock/

LEES OOK:

Die geen-gim-oefensessie

Probeer hierdie een ding om oefening lekkerder te maak

7 gratis fiksheid-apps om jou te help verslank

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Probeer hierdie een ding om oefening lekkerder te maak

Dis altans wat die wetenskap sê . . . Deur Jenny Cook

Close