×

Vernuwe jou voorkoms met hierdie moet-hê-somer-items

Die moet-hê-items wat jou klerekas hierdie somer nodig het!
somer-items

 

Nog ‘n seisoen het gekom en gegaan, en die somer lê eindelik vir ons en wink. En saam met ‘n nuwe seisoen kom nuwe neigings. Jy hoef egter nie te voel asof jy winkels toe moet jaag en ‘n hele nuwe klerekas moet koop om met die ewig veranderende modewêreld tred te hou nie. Deur hierdie paar items by jou klerekas te voeg kan jy amper enige van jou bestaande uitrustings opkikker.

 

Culottes is die ideale broeke vir warm somerdae. Hulle is lospassend, met ruimte vir bene om asem te haal, en hulle is regtig vleiend. Koop hierdie een by Mango vir R449.

Die skouerlose toppie is ‘n groot neiging en is hier om nog lank te bly. Dis koel omdat jou skouers oop is, maar bedek jou arms, wat ideaal is vir dié wat hulle arms nie heeltemal wil wys nie. Probeer hierdie klassieke wit skouerlose toppie van Mango vir R499.

Voeg ‘n modieuse plooiromp by jou klerekas. Ons is dol oor hierdie vuilpienk geplooide romp van Spree vir R299.

www.spree.co.za

www.spree.co.za

Die nomadiese neiging is hierdie somer oral te sien en bykomstighede met tossels, soos hierdie paar robynrooi oorbelle van Spree vir slegs R129, is een van ons gunsteling-maniere om ‘n voorkoms met slegs een item te omskep.

www.spree.co.za

www.spree.co.za

Toppies en rokke met klokmoue is terug en ons is veral dol daaroor dat hulle so vloeiend en lospassend is. Probeer hierdie gestreepte hemp met geblomde borduurwerk vir R649 van Mango.

bell-sleeves

Lees meer oor mode.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons stel bekend: Inkopieterapie by die verbeterde Menlyn Park

Op jul merke, gereed, koop!

Close