×
Skakel na Engels

Vermy hierdie 5 wenkbrouflaters om jonger te lyk

Laat jou wenkbroue vír jou werk, nie teen jou nie … Deur Sophie Hines
wenkbroue

Wenkbroue is ’n gelaatstrek waarop niemand, tot ongeveer ’n dekade gelede, veel ag geslaan het nie, maar dit het nou verander. Deesdae is daar allerhande wenkbroupotlode en -stelletjies, asook haarverwyderingsmetodes waarvan jy kan kies.

Mooi gevormde wenkbroue kan jou gesig vlei, en sleg gegrimeerde wenkbroue kan jou ouer laat lyk as wat jy is – iets waaroor min van ons gelukkig sou wees!

Hier is die grootste wenkbrouflaters om te vermy, volgens die wenkbroukenner Karen Betts: 

 
1. Jy vul dit met ’n te donker skakering in 

Soos die geval is met soveel grimeerprodukte is minder eintlik meer wanneer dit by jou wenkbroue kom. Wanneer jou wenkbrouvuller donker is en jy dit te dik aanwend, kan dit onvleiend en swaar lyk.

Gebruik kort, veeragtige hale wanneer jy enige kleur aan jou wenkbroue aanwend. Dit beteken jy kan dit geleidelik opbou en wegstaan van die spieël om seker te maak jy het dit nie oordoen nie. 

2. Jy ignoreer ylerwordende wenkbroue 

Net soos jou hare kan jou wenkbroue yler raak wanneer jy ouer word, en dit kan jou ouer laat lyk as wat jy is.

Om dit te verbloem, gebruik ’n wenkbroupoeier om yl kolle in te vul. Fokus daarop om jou wenkbroue voller te laat lyk.

Vir ’n permanente oplossing is daar mikrolemwerk (microblading). Dit is soortgelyk aan tatoeëring, maar ’n baie dun mikrolem-pen word gebruik om ’n wenkbrou op te bou wat natuurlik lyk en vir tot drie jaar hou.

Lees ook: Die enigste grimeer-tutoriaal vir bruin oë wat jy nodig het

3. Jy los jou wenkbroue grys of wit 

Daar’s niks mee fout om grys te word nie, maar ongelukkig beteken dit vir party van ons dat ons wenkbroue lyk of dit verdwyn, en daarmee saam verloor jy die definisie wat hulle aan jou gesig verleen.

Maak ’n afspraak by jou plaaslike salon om jou wenkbroue te laat tint. Dit is ’n vinnige, maklike manier om daardie kleurlose hare te beveg – dit neem net ’n paar minute en die resultaat is indrukwekkend.

Lees ook: 5 grimeerneigings wat jy maar kan los

4. Jy los jou wenkbroue ongetem

Hoewel sommige van ons agterkom ons wenkbroue raak dunner wanneer ons ouer word, kan ander se wenkbrouhare langer en growwer raak. Dit kan jou leepoog laat lyk en jou jou oë kan kleiner vertoon, 

Jy kan dit óf by die huis pluk óf ’n salon besoek om jou wenkbroue te tem en in vleiende boë te vorm. 

5. Jy pluk dit in die vorm van ’n paddavis

Paddavisvormige wenkbroue kan jou permanent verras laat lyk en die aandag van jou oë weglei.

As jy jou wenkbrouhare moet laat teruggroei, of verdik wat jy reeds het, kan serums regtig help deur die follikels op te knap. 

Sodra jy ’n goeie, natuurlike basis het om mee te begin, is dit ’n goeie idee om ’n kenner te besoek vir raad oor watter vorm en metode jou wenkbroue die beste sal pas.
 
Van: Good Housekeeping UK

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wenke met verbloemer wat jy moet weet

Vinnige oplossings vir ’n vlekkelose vel in ’n kits!

Close