×
Skakel na Engels

Verloor gewig waar jy wil

Identifiseer die plekke waar jy geneig is om gewig op te tel en gebruik Gwenyth Paltrow se afrigter, Tracy se voorskrifte om daar en oraloor vetjies af te skud

Dye en heupe

Jy dra meer gewig aan die buitekant van jou dye en heupe, maar jy’t ’n dunner middellyf.

Doen minder:

Trappe klim, springoefe- ninge en spinning, wat jou dyspiere bou.

Doen meer: 

Kardiovaskulêre oefeninge en spierversterking waar jy jou bo- en onderlyf ewe veel oefen om ’n meer gebalanseerde silhoeët te skep.

Sitvlak

Jou boude moet gelig en versterk word, hetsy dit groot en breed of lank en plat is.

Doen minder:

Draf of spinning, wat kilojoules sal verbrand en beenspiere bou, maar net jou sitvlak platter sal maak.

Doen meer: 

Bewegings waar jy jou bene agtertoe en sywaarts lig om jou boudspiere te bult en sodoende jou sitvlak verferm en lig.

Oraloor

Jy lyk maer, maar kan ’n tekort aan spier-definisie hê. Dit laat jou mollig lyk soos jy ouer word.

Doen minder:

Jou gewone kardio-roetine wat net een deel van jou liggaam oefen. Die gebruik van gewigte laat jou groter vertoon.

Doen meer: 

Weerstands- en oefenbandoefeninge wat jou lyfspiere versterk en verleng. Wissel jou aërobiese oefeninge dikwels af.

Jou middellyn en bors

Jy’s rondborstig en geneig om ’n ronde middel te hê, maar jy spog met pragtige, slanker bene.

Doen minder:

Pilatus en joga, wat jou borsgedeelte groter en bonkig maak, nie plat en vroulik nie.

Doen meer: 

Hoëimpak-aërobiese oefeninge wat kilo’s verbrand en jou middellyn inkort. Oefeninge soos opstote waar jy vir ’n ruk lank in ’n moeilike posisie bly en armswaai- oefeninge.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die verbasende voordeel van stap

Stap meer, eet minder

Close