×
Skakel na Engels

Vergroot jou groente-oes

Die tuinkenner Matt Allison deel sy drie topwenke sodat jou tuingroente kan gedy

 

 

1. Onthou: Ligging, ligging, ligging   

Die meeste kruie en groente vereis ’n minimum van ses of meer uur sonskyn per dag. Vrugtedraende plante wil nader aan nege uur of selfs meer sonskyn hê – probeer dus om dit te plant waar dit noord kan front, sonder enigiets in die pad. As jy agterkom dat jou lig beperk is, is daar ’n aantal groentesoorte wat gelukkig sal wees om in gefiltreerde son of gedeeltelike skaduwee te groei, soos spinasie, beetspinasie (Swiss chard), gemengde groenslaaie, Oosterse groenslaaie en alle soorte bete – dit kan alles heeljaar lank in rypvrye gebiede geplant word. Verskeie kruiesoorte, soos basilie, tiemie, grasuie en origanum, kan ook op ’n sonnige vensterbank in potte geplant word.

 

2. Gemengde beddings

Om spasie die beste te benut, gebruik gemengde planttegnieke en plant gewasse wat vinnig en stadig groei saam. Radyse en wortels is ’n goeie kombinasie. Meng die saad saam in ’n koppie en saai dit direk in die grond, sowat 1 cm diep. Die radyse sal binne vyf tot sewe dae ontkiem, terwyl die wortels 14 dae plus sal neem. Oes die radyse ná drie tot vier weke en die wortels ná drie tot vier maande.

 

3. Oes-en-groei-weer

Fokus op die aanplant van “oes-en- groei-weer”-groenslaaie soos langblaarslaai, botterslaai en valletjieslaai wat naby aan mekaar gespasieer kan word en dikwels dwarsdeur die groeiseisoen geoes kan word, anders as wat met tipiese winkelslaai die geval is. Spasieer jou plante tussen 10 cm en 15 cm uit mekaar (van die middelpunt af). As jy die buitenste blare afsny, kan jy elke dag ’n vars, gesonde slaai geniet.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Pluk ’n perfekte roos

Een van Suid-Afrika se gunsteling-rooskenners, Ludwig Taschner, help jou om die perfekte roos vir jou tuin te kies

Close