×
Skakel na Engels

Vergelyk en spaar

Die Goeie Huishouding-span kan nie ’n winskopie weerstaan nie, en ons is dol oor dié webwerwe waar vergelykings gedoen word wat jou help om tyd, geld en moeite te spaar

 

 

Dis regtig die moeite werd om pryse te vergelyk, en deesdae beteken dit nie meer jy moet van winkel na winkel ry om die beste aanbod te benut nie. jy kan pryse vir vlugte, versekering, toestelle, bankrekeninge, mediese fondse en meer aanlyn kry, in die gerief van jou eie huis. Hier is ons keuse van ’n paar nuttige webwerwe waarop jy pryse kan vergelyk en geld spaar

 

 

www.flightsite.co.za en www.travelstart.co.za 

 

Kry plaaslike en internasionale vlugte tjoef-tjaf. Tik eenvoudig die stede in waarvandaan en waarheen jy vlieg en die datums, en jy kan verskeie lugrederye se pryse en vlugtye besigtig.

Twitter: @FlightSite en @Travelstart

 

 

www.pricecheck.co.za 

 

Soek vir ’n wye reeks dienste en artikels, waaronder elektronika, boeke, wyn, kombuistoerusting, vlugte en meer. Jy kan ook hul weeklikse gedrukte spesiale aanbiedinge besigtig.

Twitter: @PriceCheck_SA

App: PriceCheck MTN app

 

 

www.hippo.co.za 

 

Kies uit motor-, huis- of lewensversekering, mediese fondse, mediese versekering vir troeteldiere, vlugte, motorhuur en meer.

Twitter: @Hippo_co_za

App: Hippo Insurance App

 

 

www.justmoney.co.za 

 

Kyk rond vir die beste bankrekening (kredietkaarte ingesluit) en mediese fonds.

Twitter: @Justmoney

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 maklike maniere om geld te spaar

Dié 10 wenke van kenners om geld te bespaar sal die druk op jou beursie en jou bankrekening verminder

Close