×
Skakel na Engels

Verander goedkoop wyn in duur wyn met dié 30-sekonde-truuk

Ons het besluit om ’n kenner te vra
wyn

Ons verdien almal die beste, en dit geld wyn ook. Maar soms kos die beste heelwat meer as wat ons kan bekostig. Wanneer ons ’n spesiale ete of ’n verjaardagpartytjie hou, gee ons natuurlik nie om om ’n bietjie meer op te dok nie, maar wat as ons net ’n lang dag by die werk gehad het?

Die skrywer Dan Marshall beweer dat hy ’n oplossing het. In sy nuwe boek, Life Hacks Handy Tips to Make Life Easier, onthul hy die geheim hoe om ’n bottel goedkoop wyn op te dollie, en dit neem slegs 30 sekondes.

“Wat is die geheim?” skree ons almal. Dis blykbaar so eenvoudig soos om jou wyn in ’n vermenger te zirts! Dié proses help om die wyn te belug, wat gevolglik die smaak verbeter. Ons sal daarop drink!

Maar voordat jy jou glase vol skink – ons het besluit om ’n kenner hieroor te vra (want dink hoe moeilik dit kan wees om rooiwynvlekke uit ’n vermenger te kry). Tom Cannavan, uitgewer van wine-pages.com en thewinegang.com, was nie baie oortuig nie.

“Dis nie iets wat ek al self teëgekom het nie en dit klink na ’n baie slegte idee. Wyn moet met ’n bietjie respek behandel word, en om dit in ’n vermenger te zirts en te meng laat dit klink of jy die wyn gaan ruïneer pleks van dit te verbeter,” het hy gesê.

“Goedkoop wyne moet vir 5 jaar verouder word – dis gereed om dadelik te drink. As jy dus voel jy moet iets omtrent die wyn doen, moet dit in die eerste plek ’n aaklige wyn wees. Wat kan die vermenger dus doen? Dit kan suurstof by die wyn voeg, wat dit waarskynlik ’n “sagter” gevoel sal gee, maar nugter weet watter ander smaak- en geursamestellings in die proses vernietig sal word.”

Ag, wel, dis dalk steeds die moeite werd om te probeer, of hoe?

Hierdie artikel het op PRIMA verskyn.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
14 Valentynsdrankies

Niks is so romanties soos vonkelwyn en soet drankies nie. Probeer een van dié lekker drankies vir Valentynsdag Deur Leah...

Close