×
Skakel na Engels

Velsorgvoordele van roosbottelolie

Dís hoekom roosbottelolie nou so ’n gewilde bestanddeel in velsorgroetines is

 

Ontmoet die nuwe skoonheidsolie: roosbottelolie (rosehip oil). Roosbottels, die sade wat van roosbosse geoes word, is eeue lank deur die antieke Egiptenare, Maja en Amerikaanse inboorlinge vir die genesende eienskappe daarvan gebruik, maar dit was eers toe die Victoria’s Secret-model Miranda Kerr roosbottelolie die krediet vir haar gloeiende kompleksie gegee het dat skoonheidskenners oor die wêreld heen daarvan kennis geneem het.

Roosbottelolie is propvol antioksidante en essensiële vetsure wat help om velselle te verjong; jeukerige, skilferige, droë vel te streel; en vlekke en littekens mettertyd te laat vervaag.

Hier is redes hoekom jy opgewonde oor hierdie neiging kan wees:

  • Roosbottelolie is heeltemal natuurlik en het ’n plantbasis. Hoewel minerale olies jare lank in velsorgprodukte gebruik is, het dit dikwels gekritiseer omdat dit onnatuurlike petroleum bevat, porieë kan verstop en niks ekstra tot jou velsorgroetine bydra nie. Roosbottelolie het ’n plantbasis en bevat meer antioksidante as enige ander olie met ’n mineraalbasis.
  • Dit ruik fantasties! Dis nie ’n verrassing dat olie wat van die roossaad verkry is ’n lieflike, natuurlike geur het sonder dat enige iets bygevoeg is nie.
  • Roosbottelolie is soveel ligter en minder vetterig as ander olies met ’n plantbasis. Roosbottelolie word makliker geabsorbeer as jojobaolie of galambotter. Die konsistensie van die olie is so lig dat jy ’n paar druppels by jou gewone lyf- of gesigroom kan voeg om die voordele te verkry.
  • Roosbottelolie kan as natuurlike verligting vir skilferige, droë, jeukerige vel of ekseem gebruik word.
  • Dis baie veelsydig. Moenie die inhoud van die botteltjie wonderolie tot jou gesig beperk nie – gebruik dit ook op droë hare en naels.
  • Roosbottelolie het baie bewese voordele vir ’n verouderende vel. Die antioksidante en vetsure in roosbottelolie is wonderlik om velverjonging en selvernuwing aan te help.

’n Paar belangrike punte om te onthou: Soos met enige nuwe toevoeging tot jou velsorgroetine, sal wat vir iemand anders werk nie noodwendig dieselfde vir jou doen nie. Toets ’n produk altyd op ’n onopmerklike deel van jou vel om te kyk hoe jy op die produk reageer. Vir ernstige veltoestande wat nie met jou tuisroetine regkom nie, is dit nodig om ’n dermatoloog te gaan spreek om vas te stel of daar enige ander onderliggende oorsake is eerder as om dit self te probeer regstel.

Wanneer jy roosbottelolie wil koop, probeer ’n agtenswaardige gesondheids- of heilsaamheidswinkel en kies altyd ’n koudgeperste, organiese olie, want dit bevat geen bymiddels nie en behou al die voedingstowwe.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Laat jou parfuum só langer aanbly

Stéphanie Bakouche, die parfuummaker vir L’Artisan Parfumeur, deel haar geheime

Close