×
Skakel na Engels

Veiligheidswenke vir jou slimfoon

Sal jy jou slimfoon met jou lewe vertrou?
Veiligheidswenke vir jou slimfoon

Vir die meeste van ons is dit tweede natuur om na ons slimfoon te gryp wanneer ons die kans kry, en wanneer ons dit gebruik, is ons net vaagweg van ons aksies bewus. Ons kan binne minute ’n geleentheid huis toe reël, ons e-posse aflaai en kyk waar ons familielede hulle op daardie oomblik bevind.

Met selfone se aanvanklike toetrede tot die mark het baie van ons ons bedenkinge gehad en dit spaarsamig gebruik. Toe het ons daaraan gewoond geraak om hulle as kommunikasiemiddel te gebruik. Dit was nie lank voordat ons daarvan afhanklik was nie. Vandag is selfone so onvervangbaar dat ons dit nie eens bevraagteken nie, sê Carey van Vlaanderen, uitvoerende hoof van ESET South Africa, ’n wêreldwye verskaffer van veiligheidsagteware.

So wat is fout daarmee?

Niks nie, mits jy nie van openbare wifi-netwerke gebruik maak nie. Indien wel, kan jy jou aan ledige kuberskelms blootstel wat die netwerk se verkeer monitor. En wanneer hulle ’n sagte teiken bespeur, is daar, afhangende van die omstandighede, verskeie metodes wat hulle kan volg om hul hande op jou inligting te lê. 

Waarvan moet jy bewus wees?

Het jy Facebook op jou foon? Of ’n fiksheid-app? Dink ’n oomblik oor die volgende – Facebook volg jou bewegings op die internet terwyl die fiksheid-app wat jou help om jou somerlyf terug te kry, basies die hele tyd weet waar jy is.

Beskerm maatskappye hul gebruikers se veiligheid?

Ja en nee. Hulle stel belang in jou data. Hulle wil weet watter webwerwe jy besoek, wat jou gunsteling-winkels is en hoeveel treë jy daardie dag gegee het. Op jou maatskappy se beurt sal hulle meer relevante advertensies plaas, sal jou inkopie-ervaring meer aangenaam wees, en sal jou fiksheid (dalk) verbeter. Ja, dit laat ’n mens nogal kriewelrig voel, en ja, jy sou kon sê dat dit ’n vorm van spioenasie is. 

Lees ook: 5 goed om te doen voordat jy vir jou kind ’n slimfoon gee

Daar is ’n paar dinge wat jy kan doen om seker te maak dat jy jou slimfoon veilig gebruik – maar dit behels ’n bietjie moeite:

1. Maak seker van wifi-netwerke

Dit is moontlik om openbare wifi op veilige maniere te gebruik. “Vra een van die personeellede of ’n wifi-naam byvoorbeeld regtig bestaan, maak seker dat die deelfunksies op jou slimfoon af is en vermy dit om bank-apps op openbare, ongekodeerde netwerke te gebruik,” sê Van Vlaanderen. 

2. Bly in beheer van jou apps

“Skakel wifi en Bluetooth af wanneer jy nie jou apps gebruik nie,” sê Van Vlaanderen. Dit is dalk makliker gesê as gedaan in ’n wêreld wat permanent “aan” is, maar dit is die moeite werd as jy jou privaatheid wil beskerm. ’n Ander opsie is om die “location services” op jou verstellings af te skakel sodat jy minstens toegang tot jou bewegings blokkeer. Gaan elke individuele app se privaatheidinstellings na. Dit is tydrowend, maar op die ou end sal jy nie spyt wees nie.

3. Wees straatslim

Volgens van Vlaanderen is dit belangrik om sterk wagwoorde te skep – ’n unieke, lang en komplekse kode vir elke webwerf.

Androidauthority.com bekelemtoon dat jy slegs apps van erkende bronne moet installeer; en dink voordat jy hulle toestemming gee om toegang tot jou data te verkry. Het jy regtig die ekstra gerief nodig?

Verder: Moet nooit, ooit nalaat om jou sagteware op te dateer nie.

4. Behou jou dekking

Volgens flipsy.com is dit noodsaaklik om alle data van jou foon af te vee voordat jy dit verkoop. Sal jy jou bankkaart en jou huissleutel vir ’n vreemdeling gee as jy verhuis? Dieselfde geld jou digitale lewe. 

Lees ook: Getoetste produkte: Sakpas slimfone

Ons neem daagsliks besluite op grond van ons slimfone, wat met hul outomaties gegenereerde intelligensie wat ons as gesag aanvaar, toenemend besig is om ons gesonde oordeel te vervang. Deur seker te maak dat ons vertroue goed geplaas is, kan ons die groeiende invloed van tegnologie inspan en tot ons voordeel gebruik.

FOTO: iStock/eclipse_images

LEES OOK:

7 wenke vir hoe om die regte slimfoon te kies

Ruim jou slimfoon op

Slimfoonverslawing 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hierdie nuwe WhatsApp-funksie sal jou lewe verander

Jy sal nooit weer vergeet om op iemand se WhatsApp te reageer nie! Deur Anya Meyerowitz

Close