×
Skakel na Engels

Veeldoelige items

Wenke vir alledaagse huishoudelike items

Naelvyl

 

Laat jou geliefkoosde suède-artikels weer splinternuut lyk met dié slim wenk

 

Dié manikuur-staatmaker kan meer doen as net jou naels netjies vorm. Gebruik dit om enige vlekke op jou suède-handsak en/of -skoene liggies weg te vryf.

Plastiekbottel

 

’n Uitstekende wenk om eiers maklik te skei!

 

Skei eiers sonder om ’n gemors te maak! Breek dit in ’n bak oop, druk ’n skoon plastiekwaterbottel vas, hou dit oor ’n eiergeel en verlig jou greep om dit op te suig. Druk en los die bottel weer om die geel in ’n ander bak uit te druk.

 

Tinfoelie

 

Met dié vuurwarm wenk sal jy jou strykwerk baie vinniger kafdraf.

Glip ’n stuk swaargewig-aluminiumfoelie (blink kant bo) onder jou strykplank se oortreksel in. Jy sal nou baie vinniger stryk, want só hoef jy net die een kant van ’n kledingstuk te stryk. Vervang dit een keer per maand, na gelang van hoe gereeld jy stryk.

Rubberhandskoene

 

Rubberhandskoene is nie net gemaak om skottelgoed te was nie. Hier is nog ’n nuttige gebruik daarvoor in die kombuis

Gryp een by die wasbak om ’n greep op ’n bottel te kry wat weier om oop te draai. Jy hoef nie eens die hand- skoen aan te trek nie.

Petroleumjellie

 

Gee vaal of gekrapte blinkleerskoene nuwe lewe: Gebruik ’n vegie petroleumjellie op ’n sagte lap. Poets dit net deeglik – en vergeet van morserige skoenlappe en skoenpolitoer.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die Simply Supreme-strykplank

Goeie grootte en vorm

Close