×
Skakel na Engels

Vasvra: Wat is jou liefdestaal?

Verbeter jou verhouding deur jou primêre liefdestaal te ontdek
liefdestaal

Voel jy dikwels asof jou maat jou nie heeltemal verstaan nie? Het jy al ooit gewens jy kon sy (of haar) gedagtes lees om te weet wat hy wil hê selfs al sê hy niks nie? Word jou verhouding deur wankommunikasie vertroebel? Dit alles – en meer – kan opgelos word deur uit te werk op watter liefdestaal jy (en jou maat) reageer.

Want wanneer dit by die liefde kom, praat nie almal dieselfde taal nie. Trouens, volgens die bekende huweliksberader dr. Gary Chapman, skrywer van Vyf tale van die liefde: Die geheim van liefde vir ’n leeftyd (CUM), is daar výf liefdestale. 

Die vyf tale is taamlik vanselfsprekend, maar hier is ’n kort beskrywing van wat elkeen beteken:

1. Woorde van bevestiging

Om toegeneentheid uit te druk deur gesproke liefderikheid, lof of waardering.

2. Diensdade

Optrede eerder as woorde word gebruik om liefde te toon en ontvang.

3. Die ontvangs van geskenke

Geskenke is simbolies van liefde en toegeneentheid.

4. Gehaltetyd

Die uitdrukking van toegeneentheid met onverdeelde aandag.

5. Fisieke aanraking

Dit kan seks wees, of om hande vas te hou. Met hierdie liefdestaal voel die spreker toegeneentheid deur fisieke aanraking.

Miskien kan jy jou met meer as een van hierdie tale assosieer; miskien voel jy of jy jou moet almal kan assosieer. Maar wanneer jy regtig daaroor dink, het die meeste van ons een of twee van hierdie tale wat vir ons belangriker as die res is.

En om jou ware liefdestaal te ontdek kan jou help om jou fisieke en emosionele behoeftes beter te verstaan, wat dit weer vir ander mense – ook jou maat – makliker maak om dit óók te verstaan. Wil jy weet op watter liefdestaal jý reageer? Laai dr. Chapman se vraelys af of doen hierdie vinnige vasvra:

 

 

Bronne: www.5lovelanguages.comwww.playbuzz.com 

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Valentynsidees vir al die enkellopende vroue

Die berugte “dag van liefde” hoef nie ’n donker dag te wees as jy enkellopend of geskei is nie.

Close