×
Skakel na Engels

Vasvra: Hoeveel weet jy van Paasfees?

Ons was nogal verbaas oor sommige van hierdie Paasfees-feite. Hoeveel van hulle het jy geken?
Hoeveel weet jy van Paasfees?

Deesdae is sjokolade en die Paashaas sinoniem met Paasfees en alles wat daarmee saamgaan. Maar daar is heelwat Paasfees-verwante feite wat jy dalk nie ken nie. Doen hierdie Paasvasvra, waarvan slegs 1 uit 15 volwassenes glo die antwoorde ken, en vind uit of jy daardie een is.

Voordat jy die vasvra doen, is hier sewe prettige feite wat ’n bietjie lig op Paastradisies van oor die wêreld heen sal werp:

1. Die meeste mense is dit eens dat daar ’n regte manier is om ’n sjokoladehasie te eet. Altesaam 76% Amerikaners sê ’n mens behoort by die ore te begin …

2. Sommige tradisies is vreeslik omslagtig en verg weke se beplanning. In Guatemala word die strate in die weke voor Paasfees met ’n tapyt van blomme en saagsels van tot 2 km bedek. Oor Paasnaweek loop mense ter viering van die Pase daarop.

3. Daar is ’n Paaseier wat jou sowat 8 miljoen dollar (meer as R100 miljoen) uit die sak sal jaag! Die ornament is met meer as 1 000 diamante versier. Binne die diamanteier is ’n goue eier, en binne die goue eier is ’n kristalduif. Praat van oordadig!

4. Mense is nie heeltemal seker waar die idee van die Paashaas vandaan kom nie. Volgens www.history.com het stories van die Paashaas in die 1700’s van Duitsland na Amerika versprei, gewild geraak en die stories geword wat ons vandag ken. 

5. Eierversiering is ’n eeue oue tradisie. Daar word trouens beweer dat dit uit die 13de eeu dateer. Daar word vertel dat eiers in daardie tyd ’n belangrike Vastyd-offer was en dat mense dit so mooi as moontlik wou maak vir die dag wanneer hulle dit weer kon geniet.

6. Australiërs het die Paashaas verplaaslik deur hom in die Paas-bilby, ’n Australiese woestyndiertjie, te verander. Baie mense wil dit graag ’n tradisie maak.

7. Die grootste Paaseierskattejag is in 2007 in die Cypress Gardens Adventure Park in Florida in die VSA gehou. Die pretpark het ’n halfmiljoen eiers weggesteek en duisende kinders en hul ouers het aan die soektog deelgeneem.

Nou is dit jou kans uit om uit te vind wat jy nog alles van Paasfees weet:

FOTO: iStock/GMVozd
 

LEES OOK: 

5 idees vir ’n Paasfees-noenontbyt

6 wegbreekplekke vir Paasnaweek

Keer dié Paastyd dat bestuurders vermoeid raak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 wenke vir die perfekte Paaseierskattejag

Maak ’n prettige Paaseier-skattejag deel van jou gesin se Paastradisies

Close