×
Skakel na Engels

Vars vir die lente!

Le Creuset het pas Palm by hul reeks kleure gevoeg. Dié vars nuwe kleur is helder en modern en gewaarborg om jou kombuis en tafel nuwe lewe te gee.

 

 

Om by Le Creuset inkopies te doen is soos om in die ongelooflikste lekkergoedwinkel losgelaat te word: Elke artikel en elke kleur lyk so lekker dat jy dit kan eet, en jy wil daar wegloop met ’n smakie van alles.

Wel, jou keuse het pas nog ’n bietjie moeiliker geword. Le Creuset het nou Palm by hul reeks kleure gevoeg. Die tropiese kleur is dié somer se warmste nuus. Van mode tot dekor en kookgerei – ons sien welige blare, botaniese patrone, sappige pynappels en pragtige papegaaie in oorvloed. En Le Creuset se nuwe Palm pas perfek by hierdie neiging in.

Palm is in al Le Creuset se wye reeks produkte beskikbaar, van gietyster- tot erdeware en silikoonspatels. Dié vars botaniese kleur is die perfekte agtergrond vir resepte met ’n vars eilandinspirasie.

Om meer uit te vind – en te koop! – besoek www.lecreuset.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
In die Julie-uitgawe

Sommige van die opwindende artikels wat jy in ons nuutste uitgawe kan lees!

Close