×
Skakel na Engels

Valentynsdaggeleenthede oor die land heen

Maak Valentynsdag ’n dag om te onthou!
Valentynsdag

Op soek na idees om Valentynsdag hierdie jaar saam met jou geliefde te vier? Ons het ‘n verskeidenheid romantiese geleenthede waaruit jy kan kies. Wat meer is, baie van hulle gaan nie jou beursie seermaak nie! 

Durban

Die Oyster Box se Valentynsete en -dan:

Geniet ‘n geskepte sesgangspyskaart terwyl Cat Simoni jou met haar vertoning That’s Amore! in ‘n romantiese stemming bring. Cat sing ‘n keurspel van onvergeetlike liefdestreffers deur Édith Piaf, Andrew Lloyd Webber, Barbra Streisand, Ella Fitzgerald, Elton John en Frank Sinatra. 

Datum: 10 tot 14 Februarie | Tyd: 19:00 tot 22:00 | Plek: The Grill Room, The Oyster Box hotel | Prys: R950 per persoon vir die ete en vertoning | Kontak: 031 514 5000 

Bootrit 

Geniet ‘n uitsig van Durban se strandfront en die hawe terwyl die mooi stad geruisloos verbygly en jy met ‘n glasie sjampanje langs jou geliefde ontspan. Omskep die rit in ‘n spesiale middagete met die verskeie eetgoed wat aangebied word.

Datum: Elke Sondag | Tyd: 14:00 tot 15:00 | Plek: Wilson’s Wharf, Durban | Prys: R140 per volwassene, R110 per kind en R50 vir kinders onder twee | Kontak: 072 336 0450

Johannesburg

Die Bioscope Independent Cinema 

Oortref jou romantiese self deur jou geliefde na ‘n buitelugfilmvertoning te neem. Geniet ‘n vertoning van True Romance op Valentynsdag. 

Datum: 14 Februarie | Tyd: Ná sononder (tussen 18:00 en 20:00, afhangende van die seisoen) | Waar: Foxstraat 286, Johannesburg | Prys: R35 tot R75) | Kontak: 011 039 7306

Northgate-ysskaatsbaan 

Neem jou geliefde op ‘n Valentynsavontuur waar julle albei weer soos kinders kan voel. Jy hoef nie ‘n ervare skaatser te wees om dit te geniet nie.

Datum: Elke dag | Tyd: 10:00 tot 17:00 en 19:30 tot 22:30 | Waar: Northgate-winkelsentrum, North Riding | Prys: Toegang R65 en R30 vir die huur van skaatse | Kontak: 011 794 8707

Kaapstad

Galileo-buitelugteater 

Geniet ‘n romantiese Valentynsaand op die lieflike Nooitgedacht-wynlandgoed in Stellenbosch. Die Galileo Open Air Cinema sal bemindes en geliefdes op ‘n intieme aandjie van musiekoptredes, heerlike fynproewersgeregte en ‘n fliek (When Harry Met Sally) onder die sterre trakteer. 

Datum: 14 Februarie | Tyd: 18:00 | Waar: Nooitgedacht-wynlandgoed, Stellenbosch | Prys: R190 per persoon | Kontak: 071 471 8728

Wild Love Dinner 

Beleef hierdie eenmalige Valentynsdag-opskietgeleentheid, opgedra aan volhoubare kookkuns wat al jou sintuie sal prikkel. Geniet ‘n viergangmaaltyd wat deur Roushanna Gray van Veld and Sea voorberei is, ‘n reuse- botaniese mengeldrankie, en ontvang ‘n klein geskenkie. Gaste is welkom om hul eie wyn te bring (geen kurkfooi nie) 

Datum: 14 Februarie | Tyd: 18:00 | Waar: Good Hope Gardens, Kaappunt | Prys: R50 per persoon | Kontak: roushanna@hotmail.com

Lees: Waar om die ongelooflikste melkskommels in SA te kry

Rustenburg

Sparkling Waters-Valentynsdagnaweek 

Trakteer jou maat op ‘n romantiese wegbreeknaweek na die Sparkling Waters Hotel & Spa. Geniet ‘n romantiese aandete en ontbyt en ‘n piekniek in die lieflike tuine. Ingesluit is ook ‘n Sweedse massering van 50 minute vir twee. 

Datum: Van 1 tot 28 Februarie | Tyd: Nie gespesifiseerd | Waar: Sparkling Waters Hotel & Spa, Rustenburg | Prys: R5 000 vir volledige pakket | Kontak: 014 535 0000/6

Pretoria

The Blades-piekniek 

Ontspan en ontlaai saam met jou geliefde op ‘n lieflike grasperk. Drink die uitsig van die dam en ongetemde natuur in terwyl jy die rustige bosveldklanke geniet. Die Blades-hotel sal julle met ‘n piekniekkombers, kussings en ‘n mandjie vol heerlike lekkernye bederf. 

Datum: 1 tot 28 Februarie | Tyd: Ongespesifiseerd | Waar: Die Blades-hotel, Pretoria | Prys: R185 tot R245 | Kontak: 012 808 9943

Bloemfontein

African Stone Spa

Bederf jouself en jou maat met ‘n ontspannende spabehandeling vir twee en ‘n romantiese aandete by hierdie  dagspa. Berei jou voor op ‘n aand van sjampanje, ‘n lyfmassering, heerlike kos en sjokoladelekkernye. 

Datum: 14 Februarie | Tyd: 8:00 tot 20:00 | Waar: N8, Bloemfontein | Prys: R860 per paartjie | Kontak: 079 882 2650

Gallery on Leviseur 

Probeer iets nuuts met ‘n wandeling deur hierdie pragtige kunsgalery met werke deur kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars voor jou ete-afspraak en fliek. 

Datum: 7 dae van die week | Tyd: Maandag tot Donderdag: 7:30 tot 17:00, Vrydag tot Saterdag: 7:30 tot 22:00, Sondag: 7:30 tot 14:00 | Waar: Generaal Dan Pienaarweg 59, Bloemfontein | Prys: Toegang is gratis | Kontak: 051 444 1683

FOTO: iStock/LuckyBusiness

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Inkopiedroom vir besige ma’s

Een bestemming wat vir al jou behoeftes voorsiening maak

Close