×

Val jou hare uit? Dis nie net jy nie

Kan jy raai hoeveel Suid-Afrikaanse vroue van ouer as 30 sukkel met hare wat voortydig uitval?

’n Verbysterende 37% van Suid-Afrikaanse vroue sukkel van jongs af met haarverlies, volgens ’n nuwe peiling onder 505 vroue van Johannesburg, Durban en Kaapstad wat ouer as 30 is. Dié vroue ervaar tekens van vroeë haarverlies (28%), het ’n ernstige probleem met hare wat uitval (8%), of word bles (1%).

Van die vroue wie se hare uitval, toon 38% simptome van depressie of angstigheid weens hul haarverlies.

Plus 94 Research het dié peiling gedoen namens Plantur39, ’n fito-kafeïensjampoe wat gebruikers beskerm teen voortydige haarverlies wat met menopouse verband hou. Die navorsers het ook dié interessante syfers bekend gemaak:

  • 69% glo gesonde hare speel ’n groot rol in hul selfbeeld, en 55% sê gesonde hare gee hul selfvertroue ’n hupstootjie en trek die aandag van mans;
  • 33% glo hul lewensmaat sal hulle minder aantreklik vind ná haarverlies;
  • bykans 75% bestee tot R500 per maand aan haarsorg, 13% tot R1 000 en 7% meer as R1 000; en
  • 50% sal ’n hele kas vol nuwe klere prysgee as dít ’n einde sou maak aan hul haarverlies, en 39% sal ’n vakansie prysgee as dit sou help.

“Voor menopouse beskerm die vroulike hormoon estrogeen die haarwortels,” sê die Duitse wetenskaplike dr. Adolf Klenk, navorsingshoof by die kosmeseutiese vervaardiger Dr Kurt Wolff. “Ná menopouse daal jou estrogeenvlakke en neem die uitwerking van die manlike hormoon testosteroon toe. Die gevolg hiervan is hare wat al hoe yler word en voortydig uitval.” Klenk se raad is om haarprodukte te gebruik wat kafeïen bevat. “Kafeïen is ’n uiters doeltreffende middel. As jy jou hare elke dag was, dring die fito-kafeïen baie vinnig deur na die follikel en dan die haarwortel, wat daardeur beskerm word.”

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Val jou hare uit? Dis nie net jy nie

Kan jy raai hoeveel Suid-Afrikaanse vroue van ouer as 30 sukkel met hare wat voortydig uitval?

’n Verbysterende 37% van Suid-Afrikaanse vroue sukkel van jongs af met haarverlies, volgens ’n nuwe peiling onder 505 vroue van Johannesburg, Durban en Kaapstad wat ouer as 30 is. Dié vroue ervaar tekens van vroeë haarverlies (28%), het ’n ernstige probleem met hare wat uitval (8%), of word bles (1%).

Van die vroue wie se hare uitval, toon 38% simptome van depressie of angstigheid weens hul haarverlies. Plus 94 Research het dié peiling gedoen namens Plantur39, ’n fito-kafeïensjampoe wat gebruikers beskerm teen voortydige haarverlies wat met menopouse verband hou.

Die navorsers het ook dié interessante syfers bekend gemaak:

* 69% glo gesonde hare speel ’n groot rol in hul selfbeeld, en 55% sê gesonde hare gee hul selfvertroue ’n hupstootjie en trek die aandag van mans;

* 33% glo hul lewensmaat sal hulle minder aantreklik vind ná haarverlies;

* bykans 75% bestee tot R500 per maand aan haarsorg, 13% tot R1 000 en 7% meer as R1 000; en

* 50% sal ’n hele kas vol nuwe klere prysgee as dít ’n einde sou maak aan hul haarverlies, en 39% sal ’n vakansie prysgee as dit sou help.

Close