×

Uitstekende waarde! Wyne vir R50 en minder

Brei jou versameling met ‘n paar van hierdie billike gehaltewyne uit.
wyn

Maak seker dat wanneer jy weer in die V&A Waterfront is, jy die Vaughan Johnson-wynwinkel besoek en ‘n kas VJ’s Good Everyday Cape White koop – ‘n sauvignon blanc/chenin blanc-versnit teen ‘n weggeeprys van R29,95 per bottel. Maak dit sommer ook ‘n VJ’s Good Everyday Cape Red, ‘n cabernet sauvignon/merlot-versnit wat R39,95 per bottel kos. Ons is mal oor die handgeskrewe etikette van bruinpapier. Of registreer by wwww.vaughanjohnson.co.za om te bestel. Vaughan, wat Suid-Afrika se eerste spesialiswynwinkel in 1985 oopgemaak het, ken die beste wynmakers en het onverbeterlike smaak. Gesondheid!

 

Leopard’s Leap se ligpienk 2016 Chardonnay Pinot Noir is die ideale pasmaat vir hoender, vis, Medittereense geregte en sagte kaas. Teen R44 ‘n bottel is hierdie wyn uitstekende waarde vir geld. Beskikbaar by uitgesoekte winkels of bestel by www.leopardsleap.co.za.

ll-chard-pinot-2015-1024x284

Yonder Hill se 2016 Y-Sauvignon Blanc en Y-Merlot word deur die Naudé-familie naby Stellenbosch gemaak en is fantastiese waarde vir geld teen R50 ‘n bottel. Beskikbaar by uitgesoekte winkels of bestel by www.yonderhill.co.za.

yonder-hill-new-y-lable-sauvignon-blanc-viewyonder-hill-new-y-lable-merlot-view

Ons is mal oor die ongewone etikette van die Angels Tears-reeks van Grande Provence in Franschhoek. Kies uit die vars, droë Sauvignon Blanc; die verfrissende cinsaut-gedrewe Rosé; en die vrugtige wit Muscat d’Alexandrie Chenin Blanc. R38 elk. Bestel by www.grandeprovence.co.za.

image003-636022764900928742

Die Badsberg Chenin Blanc 2016 is ‘n elegante gehoute witwyn met ‘n vrugtige neus en tropiese geure gevolg deur ‘n vars koejawelnasmaak. Dié wyn van die Badsberg-kelder naby Worcester het ‘n silwermedalje by die 2016 Veritas-pryse gewen. Dis teen R38 per bottel by die kelder te koop en word ook deur Spar-takke in die Wes-Kaap aangehou. Sien www.badsberg.co.za vir ander winkels. Bestellings kan deur die webwerf of by 023 344 3021 geplaas word

badsbergchenin_blanc_2016_hi_res

Die etiket van die Like Father Like Son-reeks van Bon Courage in the Robertson-wynvallei word deur die profiele van eienaar-wynmaker André Bruwer en sy seun, Jacques, gekenmerk Die Chenin Blanc is ‘n droë, wit versnit met ‘n vrugtige kompleksiteit – verwag ‘n ingewikkelde neus van tropiese vrugte, koejawels en perskes, met ‘n effense appelliefienasmaak. Die Cabernet Sauvignon/Merlot is ‘n ongekompliseerde gehalteversnit met ‘n weelde van sagte vrugtegeure. Die semisoet Rosé is gelaai met aarbeie en rooi bessies op die neus, en met ’n sagte spookasemsmaak. Al hierdie wyne kos  R39 per bottel by die kelder en kan ook by verskeie drankwinkels, Pick n Pay, Spar en Makro gekoop word.

bon-courage-lfls-collection

 

Lees ook

 

Save

Save

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 fantastiese bestemmings in die Kaapse Wynlande vir daguitstappies

Hou jy in die Kaap vakansie? Voeg ’n daguitstappie na die Wynlande by jou doenlysie. Hier is ons keuse van...

Close