×
Skakel na Engels

Tygervallei Feesseisone aanbiedinge

Geniet ‘n vreugdevolle Kersfees by Tygervallei Sentrum. Die Feesseisoen rol ons die rooitapyt uit en offer fantastiese aanbiedinge wat selfs vir Kersvader sal laat juig!

Vanaf 21 November – 11 Januarie 2015 gaan ons die kleinspan vermaak by ons splinternuwe aanbieding, Kersvader se Werkswinkel. Die Arena sal omtower word in ‘n magiese kasteel, wat kinders sal toelaat om hul eie Kersgeskenke te maak. Ses werkstasies, wat Build-A-Bear, Kiddycooks, Eazy Stitch™ Kidz, Game Hire en Cream Events Library  insluit, sal die jongspan vermaak terwyl jy jou Kersinkopies voltooi. Vir datums en tye, besoek gerus www.tygervalley.co.za. Kersvader sal ook persoonlik ‘n draai maak by die Arena sodat al die gehoorsame seuns en dogters hulle fotos saam met hom kan kom neem vanaf 10 – 23 Desember, 10:00 – 17:00 daagliks.

 

 

Noudat jy die kinders afgelaai het by die Kerswerkswinkel hoef die horlosie beslis nie dopgehou te word nie, want die Sentrum het die handelsure verleng vir jou gerief! Vanaf 10 – 23 Desember sal Tygervallei oop wees vanaf 09:00 – 21:00 daaglike, 24 Desember vanaf 09:00 – 17:00, 25 Desember sal handel vir ons winkels opsioneel wees, 26 Desember sal ons oop wees vanaf 09:00 – 17:00 en op 27 Desember is dit terug na normaal, met handelsure vanaf 09:00 – 19:00.

 

 

 

Nadat jy jou inkopielysie voltooi het is jy welkom om ‘n draai te gaan maak by ons geskenktoedraai fasiliteite wat geleë is by die Woolworths en Game area. Kersvader se Helpers sal jou geskenke gratis toedraai vanaf 10 – 23 Desember tussen 09:00 – 21:00 en op 24 Desember vanaf 09:00 – 17:00.

Geniet ‘n magiese Kersseisoen by Tygervallei Sentrum! Vir meer inligting, besoek www.tygervalley.co.za of sluit aan by ons Facebook aanhangersblad.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste Swart Vrydag -aanbiedinge

Dis Swart Vrydag! Hier’s ons lys van die beste aanbiedinge, winskopies en uitverkopings. Onthou, die aanbiedinge is slegs vir vandag,...

Close