×
Skakel na Engels

Tot die tande toe gewapen

Onthou, tandheelkundige sorg is vir troeteldiere net so noodsaaklik soos vir mense. Die algemeenste probleem wat by diere gediagnoseer word, is tandheelkundige siektes. Volg dié maklike stappe om te verseker dat jou troeteldier die beste tandheelkundige sorg kry:

1.    Sê aaa …

 

Volgens die American Veterinary Dental Society het agt uit elke tien katte en honde tandheelkundige siektes teen die tyd dat hulle vier jaar oud is. ’n Tandheelkundige ondersoek deur ’n veearts is ’n goeie manier om tandheelkundige siektes te voorkom.

 

 

2.    Hou dit skoon

 

Begin met ’n tuisroetine deur jou troeteldier se tande te borsel of vir hom kos te voer wat spesiaal geformuleer is om plaak en die opbou van tandsteen doeltreffend te beveg.

Koop kos wat die American Veterinary Oral Health Council se stempel van goedkeuring dra, soos Hill’s Science Plan Oral Care en Hill’s Prescription Diet. Dis gebalanseerde kos wat op lang termyn gebruik kan word.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die band tussen ’n tweeling

Dié video van ’n pasgebore tweeling wat aanmekaar vashou asof hulle nog in die baarmoeder is, het ons laat glimlag....

Close