×
Skakel na Engels

Think Red-middagete ’n reuse-sukses!

Goeie Huishouding, in samewerking met Flora, samel R20 000 vir die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika in

 

Gedurende September het Goeie Huishouding, Flora en die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika kragte saamgesnoer om Suid-Afrikaners meer bewus te maak van hartgesondheid deur middel van hul Think Red-veldtog.

Om dié inisiatief te vier, het Goeie Huishouding en Flora tesame met die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika, op Vrydag 28 September 2012 ’n ongelooflike Think Red-middagete by die Table Bay Hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad aangebied.

 

Bekende persoonlikhede tydens  ’n insiggewende paneelbespreking die belangrikheid van ’n gesonde leefstyl vir jou hart beklemtoon. Saam met Flora-ambassadeur Liezel van der Westhuizen, was Flora-ambassadeur en voormalige Mej. Suid-Afrika, Kerishnie Naiker; Shân Biesman-Simons, ’n dieetkundige by die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika; en Stan Henkeman, voorsitter van die SA Transplants Sports Association. Sarel Loots van MasterChef SA het ook dié geleentheid bygewoon en sy sjefspiere teen Jocelyn Myers, die Table Bay Hotel se uitvoerende sjef tournant, gebult. Beide sjefs het aan ons gaste gewys hoe maklik dit is om hart-vriendelike etes voor te berei waarvan die hele gesin sal hou.

 

As deel van die inisiatief het ons lesers gevra om hul hartkloppe vir Flora se Give With Your Heart-veldtog te skenk só Flora te help om kardiologiese fasiliteite in Suid-Afrika te verbeter. Ons het ook ’n gelukstrekking op die dag gehou waarin gaste ongelooflike pryse kon wen. Met die hulp van ons getroue lesers en ons borge het ons R20 000 vir die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika ingesamel.

 

KLIEK HIER OM FOTO’S VAN DIE GELEENTHEID TE SIEN

 

Borge en medewerkers:

Ons wil graag die volgende borge en medewerkers bedank vir hul hulp om hierdie geleentheid ’n reuse-sukses te maak:

 

Virgin Active
Tekkie Town
The Body Shop
George Foreman Grillers
Sea Harvest
Accessorize
Clarins
Le Creuset
Lucky Star
Vital
Uwe Koetter (Juwele)
GHD
Table Bay Spa Voucher
Clicks
Sony
Crabtree & Evelyn
Sunbeam Haircare Kit
Hi Fi Corporation
Dove
Blackberry
Fit Flops
CDP Graphics and Gifts
Getaway Prizes: Fairlawns Boutique Hotel & Spa Morningside, Sandton
Valley Lodge &Spa in Magaliesburg
Clicko Guest House JHB
Ryka’s
Taj Hotel
Tafelberg Furnishers en Sealy
Prestige Housewares
Carlton Hair International
Paradiso Décor & Gifts
Wetherleys

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Borskanker- bewusmakingsmaand met Virgin Money

Virgin Money se nuwe pienk kredietkaart is ʼn moet-hê vir jou beursie en dis boonop verniet!

Close