×
Skakel na Engels

Tendense wat werk: sywaartse golwe

Die retro-sjarme van Jessica Alba se krulle wat kant toe waterval, laat ons swymel. Ons is ook nie die enigstes nie: Rihanna, Eva Longoria en January Jones het ook die hare-horlosie teruggedraai
 

Getty Images

 

Só kan jy dié voorkoms tuis probeer:

 

Stap 1:

Eerstens moet jy jou hare voorberei met ’n produk wat volume gee. Ons hou van Marc Anthony Instantly Thick Volumizing Foam (R69,99), VO5 Plump It Up Weightless Mousse (R53) en Hannon More Hair Volumising Mist (R135).

 

Stap 2:

Nou moet jy die krulle skep deur jou krultang te gebruik. Gebruik ’n kam, verdeel jou hare in seksies en steek dit agter vas sodat jy net met een seksie op ’n keer werk. Dis ’n maklike manier om hare uit die pad te hou terwyl jy met die krultang werk. Maak seker jy hou die krultang teen die regte hoek sodat die krulle in dieselfde rigting val. Ons hou van die Babyliss Nano Curler (25 mm) (R199).

 

Stap 3:

Gebruik ’n kam en trek ’n lae kantpaadjie. Neem ’n groot ronde borsel soos die Denman Extra Large Head Huggers Brush (R129,95) en borsel die krulle liggies na een kant toe totdat dit in netjiese kartelings bymekaarkom. Spuit haarsproei aan om dit in plek te hou. (Gebruik ’n haarknip as jy ekstra hulp nodig het.) Probeer Lee Stafford Hold Tight Firm Hold Barnet Hairspray (R99,99).

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-hê-Maandag: Moroccanoil-behandeling

Wil jy glansende hare hê wat maklik hanteerbaar is? Dan sal jy versot wees op ons moet-hê-skoonheidskopie van die maand

Close