×
Skakel na Engels

T-hemp-sak

Wat is selfs beter as ’n gewone herbruikbare drasak? Natuurlik een wat jy sélf gemaak het van ’n T-hemp wat al beter dae geken het.

Al wat jy nodig het, is ’n ou T-hemp, ’n skêr, ’n naald en garing en omtrent ’n uur wat jy opsysit.

 

  1. Om te begin, sny versigtig die moue en nek van jou t-hemp af om net ’n tenktoppie-vorm oor te hê. Keer die t-hemp om, en stik die onderste soom toe met ’n dubbelsoom om dit te versterk. Om dít te doen, moet jy een van die onderste hoeke van die sak vashou en die kant en onderkant toeknyp – maak seker dit is mooi in lyn om ’n driehoek te vorm.
  2. Steek nou ’n speld so 5 cm van die een hoek af in die materiaal. Herhaal die proses met die ander kant se hoek. Met jou naald en gare, werk ’n reguit lyn vas daar waar jy jou speld ingesteek het. Jou some moet nou ’n kruis vorm. Herhaal aan die ander kant.
  3. Knip nou versigtig 1 cm kepe in die t-hemp. (Maak seker jy knip deur albei lae materiaal.) Laat so 2.4 cm tussen kepe. Hou aan knip totdat die grootste deel van die sak vol gleuwe is. Dop die sak om sodat die regte kant buite is. Nou kan jy in styl gaan inkopies doen met dié sak oor jou skouers!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Always Home van Game

Skerp genoeg vir enige kombuistakie

Close