×
Skakel na Engels

Suzelle DIY: Wat om te doen wanneer jy op safari is

Ons kan net nie genoeg kry van Suzelle DIY se natuurgeïnspireerde uitrustings nie! Niemand kan heeltemal soos ons geliefkoosde selfdoenster in kakie en diervelpatrone pryk nie
suzelle safari

 

Selfs ons geliefkoosde selfdoenster het elke nou en dan ’n ruskansie nodig, en watter beter manier om te ontspan en herstel as op ’n safari-wegbreek! Suzelle en Marianne het die Mabula-wildlodge besoek en is heerlik bederf met alles van wildritte teen sonsondergang tot spabehandelings. En natuurlik was Suzelle gaaf genoeg om haar topwenke te deel oor wat om op ’n safari te doen – van wat om in te pak en te dra tot wat om te vra en wat om nié te doen nie.

Ons ontmoet ook Marianne se kêrel, Ryno, ’n vryskut-veldwagter, wat die twee vroue op hul rit in die bos vergesel het. Sal Suzelle ’n derde wiel wees of sal die twee duifies ’n bietjie tyd alleen kry? Kyk die nuutste episode hier voordat ons te veel weggee!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Angelina Jolie praat oor hoe dit was om in Namibië geboorte te gee

En oor hoe sy en manlief Brad Pitt hul ses kinders grootmaak

Close