×
Skakel na Engels

Suzelle DIY: Wat gebeur met Kanye en Taylor?

Dankie, Suzelle, dat jy dit so mooi verduidelik 😉

 

So waaroor gaan die bohaai?

Oukei, ons weet Taylor Swift en Kanye West is nou nie eintlik beste vriende nie. Trouens, hulle is al sedert 2009 in ’n hy-sê-sy-sê-stryd gewikkel. Die nuuste woordoorlog het begin met Taylor wat Kanye beskuldig het dat hy valslik in die openbaar beweer het hy is die rede vir haar roem.

Kanye het aan die begin van die jaar ’n liedjie genaamd “Famous” uitgereik – wat Taylor as beledigend en verkleinerend geëtiketteer het – waarin hy rap dat hy die een is wat haar beroemd gemaak het. Natuurlik was Taylor woedend daaroor en het na haar vele lojale aanhangers uitgereik vir ondersteuning. Hulle was meer as gewillig om op die anti-Kanye-lawaaiwa te klim. Verbeel jou dus dié arme aanhangers se verbasing toe Kim Kardashian snitte op sosiale media laai wat bewys dat haar man, Kanye, Taylor gebel het om die lirieke met haar te bespreek voordat hy die liedjie uitgereik het – en dat sy vir hom gesê het hy kan voortgaan!

Taylor sê nou sy is bedrieg en dat Kanye nie al die lirieke met haar gedeel het nie – en dat hy die een reël uitgelaat het waaroor sy die ontsteldste is.

Fassinered? Verwarrend? Irrelevant? Of jy nou getraak is oor hierdie selebs en hul vetes of nie, Suzelle se interpretasie van die hele drama sal jou beslis laat giggel:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Wat om te doen wanneer jy op safari is

Ons kan net nie genoeg kry van Suzelle DIY se natuurgeïnspireerde uitrustings nie! Niemand kan heeltemal soos ons geliefkoosde selfdoenster...

Close