×

Suzelle DIY se wenke en kunsies vir die strand

Suzelle se slim oplossings sal jou stranduitstappie selfs lekkerder maak met minder moeite en meer pret vir almal!

 

Hou jou (son)hoed vas!

Suzelle se nuutste YouTube-video is propvol briljante kunsies vir ’n moeitelose uitstappie na die strand. Van morsvrye houers vir yslollies tot hoe om ’n sandvrye sone te skep (ideaal vir gesinne met babas of kleuters), hoe  om ’n sambreeltafel te bou en hoe om sponse te vries om yspakke te maak, Suzelle het seker gemaak dat almal hierdie somer ’n fantastiese tyd op die strand kan hê.

Ons kan nie wag om haar briljante strandwenke te probeer nie, veral die maklike handdoek-kopstut. Marianne het ook bygedra met haar eie baie slim wenk: Plak ’n tennisbal aan die deksel van ’n groot glasfles vas. Plaas jou waardevolle goed (soos jou sleutels, foon en geld) in die fles en bêre dit in die sand met die tennisbal wat uitsteek sodat jy dit maklik kan kry en uithaal. Om jou selfoon in ’n herseëlbare sak te plaas is nog ’n fantastiese idee – ons is seker dit sal net so goed vir e-lesers en tablette werk.

Sonder om nog meer te verklap, hier is die video:

 

LEES OOK

12 probleme wat met babapoeier opgelos kan word
15 nuttige goed wat almal behoort te weet
Suzelle DIY: Hoe om ’n piñata te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 maniere om jou dieet weer op dreef te kry

Doen skadebeheer ná die vakansie-etery. Deur Jaclyn London

Close