×

Suzelle DIY: Hoe om origami-lanterns te maak

Helder enige ruimte op met hierdie vernuftige papierlanterntjies – dis die ideale somerbykomstigheid vir jou huis!

 

Dié feestelike lanterntjies is ideaal om enige binne- of buiteruimte op te helder. Hou ’n spoggerige aandparty!

Suzelle en Marianne het ’n nuwe vriend na die ateljee genooi vir hul nuutste video. Ross Symons, oftewel White on Rice, is ’n Kaapse origami-kunstenaar wat wondere met ’n stuk papier kan verrig. (Volg hom op Instagram @white_onrice vir ’n bietjie origami-inspirasie.) Maar moenie dat sy meesterstukke jou ontsenu nie – vertrou Suzelle om ingewikkelde papierkuns maklik en doenbaar te laat lyk!

Wat jy nodig het:

– Papier

– Washi-kleefband is verskeie kleure

– ’n String feesliggies

– ’n Skêr

– Jou hande!

Nou laat ons begin vou! Kyk die video vir stap-vir-stap-aanwysings: 

Jy kan hierdie lanterntjies gebruik om jou binne- of buitebraaiplek mooi te maak of om jou Kersboom te versier (of selfs ’n boom in jou tuin – gebruik battery-aangedrewe ligte vir minder moeite). Of plaas dit eenvoudig in ’n groot glasbak op die etenstafel om mooi te lyk én sagte lig te verskaf.

LEES OOK: 

Suzelle DIY: Hoe om ’n piñata te maak

10 ongelooflik kreatiewe goed om met washi-kleefband te doen

Selfdoenprojek met washi-kleefband

7 tafelversierings sonder blomme vir troues

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk hier: Suzelle DIY maak ’n paletswaai

Sondag 9 Oktober 2016 is Tuindag in Suid-Afrika en Suzelle DIY berei haar voor vir die geleentheid deur ons te...

Close