×
Skakel na Engels

Suzelle DIY: Hoe om ’n piñata te maak

Suzelle vier 100 000 intekenare op YouTube met ’n feestelike selfdoen-piñata

Ons het Suzelle laas so opgewonde gesien toe sy op ons 2015 Desember-voorblad gepronk het. Oukei, behalwe dalk vir die keer toe sy dit reggekry het om hierdie fantastiese luiperdvelmotief-brood te bak!

Ons gunsteling-selfdoenster se YouTube-kanaal het pas 100 000 intekenare bereik en om hierdie merkwaardige mylpaal te vier, deel sy haar vernuftige wenke oor hoe om jou eie piñata te maak.

Om hierdie treffer van ’n partytjiebykomstigheid te maak het jy die volgende nodig:

  • ’n kartonboks
  • maskeerband
  • ’n kunsmes
  • krinkelpapier
  • gom
  • ’n permanente merkpen
  • ’n skêr
  • lekkers en sjokolades om die piñata mee te vul

Kyk nou die video en laat die pret begin. Olé!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Hoe om brood met ’n luiperdvelmotief te maak

Vertrou Suzelle om die modieusste, sexyste brood nóg te bak!

Close