×
Skakel na Engels

Suzelle DIY: Hoe om macramé te maak saam met Zolani

Dié 70’s-neiging raak weer gewild!
macramé

Macra-wat?

Macramé is die kuns om tou of materiaal in patrone te knoop om dekoratiewe items te maak. Dit was in die 70’s baie gewild (onthou jy daardie ingewikkelde potplanthangers?) en die laaste paar jaar het dit weer gewild begin raak – met ’n moderne kinkel – in die mode en huisdekor.

Ons plaaslike gunsteling-YouTube-ster, Suzelle, het Freshlyground se borrelende hoofsanger, Zolani, genooi om selfdoen-aanhangers te wys hoe maklik hierdie kuns is. En soos Suzelle sê, dis ’n fantastiese manier om ou T-hemde en oorskietmateriaal te benut. Ons is dol oor kreatiewe herwinningsidees!

Maar voordat hulle begin het, moes Suzelle natuurlik eers vir Zolani tot ’n sangkompetisie uitdaag (aangesien hulle nou albei sulke talentvolle sangers is, jy weet!). Die selfdoenkoningin het haar gas goedgunstiglik laat wen, maar ons dink Suzelle het goed gevaar. 🙂

Kom ons knoop!

Nou ja, hier is die video wat wys hoe om dit te doen. Ons vingers jeuk om dit by die huis te probeer. Ons hoop jy word ook deur Suzelle, Zolani en, natuurlik, Marianne, se kreatiwiteit geïnspireer!

  

LEES OOK:

Suzelle DIY: Hoe om jou rusbank op te knap 

Kyk hier: Suzelle DIY maak ’n paletswaai 

Hoe om ’n ou T-hemp in ’n drasak te omskep

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
FOTO: Suzelle DIY se nuwe karakter, Tali

Suzelle-aanhangers sal in ekstase oor dié goeie nuus wees!

Close